Kunsleerwerk (Massa Media, Ontwerpsbeginsels, Loopbane en Elemente in Kuns) Flashcards
Waarna verwys “massamedia”?
Die gebruik van verskeie tegnieke en materiale om kunswerke te skep wat bedoel is vir wye verspreiding en verbruik deur ‘n groot gehoor
Noem en bespreek die 4 verskillende tipes massa media:
Drukmedia
Dit sluit tradisionele gedrukte vorme van media in, soos koerante, tydskrifte, brosjures, pamflette en boeke. Drukmedia word gebruik om inligting op papier te versprei en speel steeds ‘n rol in nuusberiggewing, reklame en opvoeding.
Uitsaai-media
Uitsaaimedia bestaan uit radio en televisie. Dit versprei klank-en beeldinhoud aan ‘n groot gehoor, soos nuusberigte, musiekprogramme, TV-reekse, films en lewendige sportdekking.
Digitale of Aanlyn media
Dit sluit in alle vorme van aanlyninhoud, insluitend webwerwe, sosiale media-platforms, blogs, aanlyn-nuus en video-stroomdienste soos Youtube. Digitale media stel mense in staat om vinnig inligting te deel en toegang tot verskeie vorme van inhoud te verkry.
Buitelugmedia
Dit verwys na media wat buite gesien kan word, soos advertensieborde, plakkate, bus-en treinstasie advertensies en ander vorme van buite- reklame. Hierdie tipe media bereik mense terwyl hulle aan die beweeg is.
Noem en definieer die 7 elemente van kuns
- Lyn: ‘n Merkbare pad wat ‘n punt volg, dit kan reg, gebuig of gebroke wees.
- Vorm: Die omtrek of kontour van ‘n voorwerp [objek]; dit kan geometries (soos vierkante en sirkels) of organies(natuurlike ongelyke vorms) wees.
- Kleur:Die visuele indruk wat deur lig op ‘n oppervlak ontstaan; sluit tint, waarde en saturasie in.
- Fatsoen: Driedimensionele vorms of volumes in ‘n kunswerk; dit verwys na die ruimte wat ‘n voorwerp [objek] in beslag neem.
5.Tekstuur: Die oppervlaktiese gevoel van ‘n objek; kan glad, rof, sag of
stewig wees.
- Spasie: Die area rondom, tussen en binne voorwerpe in ‘n kunswerk; dit kan ook diepte en perspektief insluit.
- Toon: Die ligtheid of donkerte van ‘n kleur, dit help om diepte en dimensie in ‘n kunswerk te skep.
Beskryf wat behels elk van die volgende loopbane in kuns:
1.Kunstenaar
2. Beeldhouer
3. Animator
4. Modeontwerper
5. Kunsjuffrou/ proffesor
6. Binne-ontwerper
7. Grimeerkunstenaar
8. Grafiese ontwerper
9. Advertensie-ontwerper
Kunstenaar
‘n Kunstenaar skep visuele kunswerke soos skilderye, tekeninge of gemengde media om emosies en idees oor te dra. Hulle kan in verskillende style werk, soos realisme, abstraksie of kontemporêre kuns.
Beeldhouer
Beeldhouers maak drie-dimensionele kunswerke deur materiale soos klei, metaal, hout of klip te vorm en te manipuleer. Hulle skep beelde wat wissel van realisties tot abstrak.
Animator
Animators gebruik tegnieke soos tekenfilm, 3D-rekenaargrafika of stopmotion om bewegende beelde vir films, speletjies en ander media te skep.
Mode-ontwerper
Mode-ontwerpers skep klere en bykomstighede, werk met materiale en style om modeneigings te ontwikkel en unieke ontwerpe vir verskillende seisoene te skep.
Kunsjuffrou/ kunsprofessor
Hierdie professionele mense leer studente oor kuns, onderrig tegnieke, kunsgeskiedenis en kreatiewe uitdrukking op verskillende vlakke, van laerskool tot universiteit.
Binne-ontwerper
Binne-ontwerpers beplan en versier binne-ruimtes, kies meubels , kleure en materiale om ‘n etiese en funksionele leef-of werkruimte te skep.
Grimmeerkunstenaar
Grimmeerkunstenaars gebruik grimnering om gesigte te transformeer, hetsy vir spesiale geleenthede, filmproduksies, teater of modefotosessies.
Grafiese ontwerper
Grafiese ontwerpers skep visuele konsepte d.m.v rekenaarprogramnatuurs of met die hand, om idees oor te dra wat inspireer inlig en betrek. Hulle ontwerp dikwels brosjures, logo’s, plakkate en webtuistes.
Advertensie-ontwerpers
Advertensie-ontwerpers werk om visuele elemente te skep wat gebruik word in advertensies, bemarking en promosieveldtogte. Hulle kombineer kreatiwiteit met bemarkingsdoelwitte om ‘n produk of diens aan te bied.
Wat is ontwerpsbeginsels in kuns?
Die reëls en riglyne wat gebruik word om ‘n kunswerk se samestelling te organiseer en te verbeter.
Noem en bespreek/ definieer die 5 ontwerpsbeginsels van kuns.
1. Balans: verwys na die verspreiding van visuele gewig in ‘n kunswerk.
Dit kan op twee maniere bereik word:
- Simmetriese balans: elemente is eweredig aan weerskante van ‘n sentrale lyn gerangskik.
- Assimmetriese balans: elemente aan weerskante van die komposisie verskil, maar het steeds ‘n gevoel van ewegewig.
2.Kontras: Die verskil tussen elemente, bv.
- Lig en donker, glad en growwe tekstuur, of groot en klein.
- Dit help om sekere dele te beklemtoon en visuele belangstelling te skep.
3. Klem: klem verwys na die deel van ‘n kunswerk wat uitstaan en die kyker se aandag trek. Dit word dikwels bereik deur die gebruik van kontras:
- deur kleur, groottes of plasing om sekere areas te beklemtoon.
4. Ritme/beweging: Ritme en beweging skep ‘n gevoel van aksie of lei die kyker se oog deur die kunswerk.
Herhalende lyne, vorms en kleure kan ‘n vloeiende gevoel gee.
Rigting kan aangedui word deur hoe elemente gerangskik is.
5. Porporsie: Verwys na die grootte verhoudings van verskillende dele in ‘n kunswerk. Dit help om ‘n realistiese effek te skep, afhangende van hoe elemente vergroot of verklein word in verhouding tot mekaar.