Organiese Chemie Flashcards
Homoloë reeks
Reeks verbindings met dieselfde funksionele groep, en wat deur dieselfde algemene formule beskryf word.
Die lede in die reeks verskil, maar het n algemene groep atome of struktuur
Funksionele groep
Verbinding, n atoom of groep atome wat die kenmerkende eienskappe en reaksies van die verbinding bepaal.
Molekulere formule
Chemiese formule wat n aanduiding gee van die tipe en die aantal atome in n molekule.
Gekondenseerde formule
Dis die verkorte vorm van die struktuurformule. Dui die atome in die verbinding aan, mar toon nie al die bindings nie.
Strutuurformule
Toon al die atome in die molekule individueel aan.
Atome word voorgestel deur hul chemiese simbole.
Lyne dui alle bindings aan.
Slegs 2D en stel nie die geometriese vorm voor nie.
Versadigde koolwaterstof
Wanneer daar tussen al die C-atome in die verbinding slegs enkelbindings is bv alkane en sikloalkane.
Onversadigde koolwaterstof
Wanneer sommige van die C-atome aanmekaar gebind is met:
Dubbelbinding (alkene)
Trippelbinding (alkyne)
Hidroksielgroep
OH gebind aan n koolstofatoom of koolstofketting.
Fgroep by alkohole.
Vorm waterstofbindings met hidroksielgroepe en karbonielgroepe.
Struktuurisomere
Verbindings met dieselfde Mformules, maar verskillende Sformules.
Ketting isomere
Selfde Mformule mar verskillende tipes kettings
Posisionele isomere
Verskillende posisies vd selfde Fgroep
Funksionele isomere
Verskillende funksionele groepe
Polimeer
Groot molekules wat bestaan uit n klomp klein molekules wat herhaal om n lang ketting te vorm.
Monomeer
Klein molekules met n dubbelbinding
Organiese molekule
Verbinding wat koolstofatome bevat