Ontwikkeling van Strategiee Flashcards
Definisie van strategie
Langtermyn aksiepan om n doel te bereik
n Plan van aksie om n geleentheid aan te spreek of om n probleem op te los
Onderneming het dit nodig om sy visie en missie te bereik
Stappe in die ontwikkeling van n strategie
Toepassing van SWOT, PESTLE, Porter se vyf magte en omgewingverkenning.
Formuleer strategiee om doelwitte te bereik.
Implementeer strategiee deur middel van aksieplanne.
Vergelyk die verwagte prestasie met die werklike prestasie.
Verduidelik die stappe in n strategiese bestuursproses
Realistiese doelstellings in plek he.
Identifiseer SWOT deur omgewingverkenning te doen.
Hulpbronne vir omgewingsverkenning kan n SWOT, porter se vyf kragte of PESTLE insluit.
Formuleer alternatiewe stratigee om op die uitdgings te reageer.
Implementeer geselekteerde stratigee deur dit aan belanghebbendes te kommunikeer of personeel te motiveer.
Evalueer die strategiee deur regstellende aksies te neem.
Wat is n SWOT-analise
Sterkpunte
Swakpunte
Geleenthede
Bedreigings
Benoem die elemente van Porter se vyf Krag model
Krag van verskaffers
Krag van kopers
Krag van mededingers
Bedreiging van plaasvervangers
Bedreigings van nuwe toetreders tot die mark
Wat is die hoofdoel of funksie van Porter se vyf krag model
Is om die sakeposisie in die mark te analiseer. Dit is meer n navorsingstudie wat deur ondernemings gedoen word.
Benoem die elemente in n PESTLE analise
Polities
Ekonomies
Sosiale
Tegnologiese
Wetlike
Omgewings
Noem 3 uitdagings in die politiese stadium van PESTLE
Regeringesbeleide kan die besigheid beinvloed
Verbruikersregte verhoed besighede om enige besigheid te doen wanneer vereistes nie nagekom word nie
Handelsooreenkomste kan invoere van produkte verhoud
Aanbevelings vir die uitdagings van die Politiese stadium
Ondersoek onlangse regeringsbeleid
Netwerk en lobby met NRO’s
Handeldryf met lande met goedgekeurde handelsooreenkomste
Noem 3 uitdagings in die Ekonomiese stadium van PESTLE
Negatiewe uitwerking van inflasie
Hoe rentekoerse wat lenings duur maak
Skommelinge van buitelandse valuta kan invoer beperk
Aanbevelings vir die uitdagings van die Ekonomiese staduium
Oorweeg dalende winsgrense eerder as produkpryse verhoog
Leengeld wanneer rentekoerse gunstig is
Oorweeg wisselkoerse tydens handelsdryf
Noem 2 uitdagings in die Sosiale stadium van PESTLE
Kliënte kan dalk nie produkte bekostig nie as gevolg van lae inkomste vlakke
Besighede praat nie die plaaslike taal van hulle kliënte nie
Aanbevelings vir die uitdagings van die Sosiale staduium
Verkoop plaasvervangerprodukte teen laer pryse
Leer plaaslike tale
Noem 3 uitdagings in die Tegnologiese stadium van PESTLE
Besigheid is nie bewus van nuwe tegnologie
Nuwe tegnologie is onbekostigbaar vir besighede
Werknemers is nie vaardig om die toeristing te bedryf en in stand te hou nie
Aanbevelings vir die uitdagings van die Tegnologiese staduium
Deurlopende navorsing oor die nuutste tegnologie
Lei werknemers op om met toerusting te kan werk
Kies geskikte verskaffers vir nuwe toerusting teen billike pryse