ONDERWERP 2: DIERESKELETTE Flashcards
Definieer: Gewrig
a.) Gewrig is die Plek waar 2 of meer bene bymekaar kom.
Definieer: Romp
Romp: Die liggaam van ‘n dier sonder die kop of ledemate.
Definieer Ledemaat:
Ledemaat: Been, arm of stert.
Watter deel van die skelet beskerm elk van die volgende organe:
2.1 Die brein
2.2 Die hart en longe
2.3 Rugmurg
2.
2.1 Die skedel (beskern die brein)
2.2 Die ribbekas (beskerm die hart en longe)
2.3 Die ruggraat (beskerm die rugmurg)
Voltooi die volgende sinne oor die ruggraat van gewerweldes:
3.1 Die ruggraat van gewerweldes bestaan uit verskeie ______
3.2 Die hooffunksie van die ruggraat is om die _______
3.3 Die rugmurg stuur ______ vanaf die ____
Na alle dele van die liggaam.
3.4 Die ruggraat van baie diere eindig in ‘n ____
3.1 werwels
3.2 rugmurg
3.3 seine brein
3.4 stert
- Verduidelik die verskil tussen die heupgordel en die skouergordel.
- Die skouergordel is die stel bene waaraan die voorste ledemate geheg is. Die heupgordel is die deel van die skelet wat uit heupbene bestaan en waaraan die agterste ledemate geheg is.
- Wat is die funksie van die gordels in die skelet van gewerwelde diere?
- Die gordels dien as “skokbrekers” wanneer die dier hardloop of spring. Die gordels help ook om die sagte organe te beskerm.
Bestudeer die volgende skelette en beantwoord die vrae wat daarop volg:
6.1 Identifiseer die dier aan wie elke skelet behoort.
6.2 In watter groep gewerwelde diere word elk van bogenoemde diere
geklassifiseer?
Vul dit in op die tabel.
6.1
a. wildsbok/takbok
b. slang
c. padda
d. vis
e. volstruis
7.1 Wat is ‘n ander naam vir geraamte?
Skelet
7.2 Leer die skets van die menslike liggaam.
Skryf ook die wetenskaplike naam langsaan neer. Jy moet dit netjies in jou werkboek doen.
7.3 Watter tipe struktuur word deur die menslike skelet gevorm?
7.4 Bespreek die rol van kalsium en ander minerale in die vorming van ‘n gesonde
beenstelsel.