Eenheid 3: Soorte diere Flashcards
1
Q
- Noem die 2 groepe waarin diere ingedeel is, volgens die samestelling van hulle skelet.
A
Ongewerwelde diere en Gewerwelde diere
2
Q
- Voltooi die volgende:
2.1 Gewerwelde diere se skelet is ‘n _________
2.2 Ongewerwelde diere se skelet is ‘n __________
A
2.1 Endoskelet
2.2 Eksoskelet
3
Q
- Verduidelik die verskil tussen ‘n endoskelet en ‘n eksoskelet.
A
- Endoskelet : Beenagtige skelet aan die binnekant van ‘n dier se liggaam. Eksoskelet: ‘n Harde skulp of laag aan die buitekant van diere se liggaam.
4
Q
- Beskryf die samestelling van ‘n eksoskelet.
A
- Die eksoskelet is gemaak van harde plate wat aanmekaar geheg is om ‘n harde dop te vorm. Die enigste plek waar ‘n eksoskelet dun en sag is, is waar dit moet buig, bv. by die beengewrigte.
5
Q
- Noem 2 voordele van hierdie tipe skelet.
A
- Dit ondersteun die sagte, interne dele van die dier. Dit is ook waterdig, wat die dier beskerm teen uitdroging
6
Q
- Wat is die nadeel van ‘n eksoskelet?
A
- Die eksoskelet kan nie groei nie. Die dier moet vervel. Die nuwe eksoskelet is sag nadat die dier vervel het en hy kan maklik aangeval word.
7
Q
- Wat is die betekenis van die term ‘vervel’?
A
- Vervel is om die buitenste laag vel af te gooi, om ‘n nuwe beter een te laat groei.
8
Q
- Noem 5 groepe waarin gewerwelde diere ingedeel is.
A
- Soogdiere, visse, reptiele, voëls en amfibiee.
9
Q
- Wat is die een kenmerk wat al hierdie groepe in gemeen het?
A
- Diere met endoskelet het almal ‘n ruggraat met rugwerwels.
10
Q
- Noem 3 kenmerke van ‘n endoskelet.
A
10…
1. Is met spiere en sagte liggaamsweefsel bedek.
2. Kan groter liggame en meer gewig ondersteun.
3. Groei saam met die dier.
11
Q
- Waaruit bestaan ‘n endoskelet?
A
- Uit been en kraakbeen.
12
Q
- Omskryf die term ‘kraakbeen.’
A
- Kraakbeen is ‘n buigbare, sterk sto fwat as kussinkies dien tussen bene en gewrigte.