Eenheid 2: Interafhanklikheid (ONDERWERP 1: PLANTE EN DIERE OP AARDE) Flashcards
NW kartaal-1
- Wat beteken die term ‘interafhanklikheid’?
Interafhanklikheid beteken twee of meer dinge wat op mekaar staatmaak. Plante en diere in een habitat wat op mekaar staatmaak.
- Hoe sal jy ‘n gasheerplant beskryf?
- ‘n Gasheerplant is ‘n plant wat kos, water en beskerming aan ‘n ander plant gee.
- Bespreek die volgende plante as voorbeelde van organismes wat op ‘n gasheer staatmaak :
3.1 Die voëlent
3.2 Orgidieë
3.1 - Die voëlent: Het nie regte wortels om water uit die grond te absorbeer nie. Groei
in bome en kry hulle water van die gasheerplant.
3.2 - Orgideë: Groei op boomstompe in vogtige gebiede. Het lugwortels om vog uit die lug te absorbeer.
- Beskryf hoe diere en plante interafhanklik van mekaar kan wees. Gebruik die vlinder en diere se pels as voorbeeld.
4(a) Vlinders drink die nektar van blomme vir kos en in ruil daarvoor bestuif die vlinder die blom.
(b) Sade met hakies klou aan diere se pels vas en sade word so versprei…
- Hoe kan diere interafhanklik van mekaar wees? Verduidelik die rol van die bosluisvoël, ook bekend as die egret of veereier.
- Bosluisvoëls vreet bosluise wat op diere sit. Bosluise is parasiete wat diere skade aandoen. Bosluisvoëls kry kos en diere raak ontslae van lastige parasiete.
- Hoe is die volgende diere interafhanklik in hulle habitat?
6.1 Die houtkapper
6.2 Die sjirurgynvis
6.3 Macaw - papegaaie
6.1 Die houtkapper maak staat op plante vir skuiling en beskerming. Bou sy nes in boomstamme om sy kleintjies te beveilig.
6.2 Diere help om mekaar skoon te hou bv. die sjirurgynvis eet alge en ander parasiete van seeskilpaaie af.
6.3 Diere versorg ook mekaar se vere bv. Makaw- papegaaie. So vorm hulle ook bande en verhoudings met mekaar.
- Voltooi: Nie - lewende dinge in ‘n habitat word ______ genoem.
- Hulpbronne
- Noem voorbeelde van nie- lewende hulbronne in ‘n habitat.
- Lug, water, grond en ander dinge in hulle habitat.
- Skryf ‘n goeie paragraaf oor indringerplante.
- Indringerplante gebruik meer water as wat die omgewing kan voorsien. Hulle groei baie vinnig en neem die spasie van inheemse plante in. Dit veroorsaak dat inheemse plante en diere nie genoeg hulpbronne het om te kan oorleef nie.
- Bestudeer Fig 27 en Fig 28 in die handboek. Beskryf hoe meerkatte en akkedisse staatmaak op nie - lewende hulpbronne in hulle onderskeie habitatte.
- Meerkatte gebruik gate in die grond om te skuil op warm dae, sodat hulle nie baie water verloor deur sweet nie.
Akkedisse lê hulle eiers in die sand om dit veilig te hou teen ander diere wat dit eet
en ook om dit uit te broei.