Nuwe Woorde Flashcards
Wat is ruilhandel?
Ruil ‘n ding vir ‘n ander.
Definieer munte.
Geldstukke.
Wat is ‘n promesse?
‘n Bewys wat deur iemand uitgereik en onderteken is waarin hy/sy belowe om bedrag aan iemand anders te betaal wanneer dit ook al nodig is.
Wat is ‘n Outomatiese tellermasjien (OTM)?
Masjiene waardeur kliënte 24 uur ‘n dag geld kan deponeer en onttrek.
Wat is e-bankdienste?
Waar geld elektronies inbetaal en onttrek word.
Wat gebeur met ‘n debietkaart?
Geld word van jou rekening afgetrek.
Wat is die funksie van ‘n kredietkaart?
Geld word op jou rekening voorgeskiet.
Wat is behoeftes?
Dinge waarsonder ons nie kan klaarkom nie.
Wat is begeertes?
Dinge wat verbruikers graag wil hê, maar waarsonder hulle kan lewe.
Wat is primêre behoeftes?
Oorlewing hang daarvan af.
Wat is sekondêre behoeftes?
Kan daar sonder oorleef.
Wat beteken onbeperk?
Daar is geen einde nie.
Wat beteken beperk?
Dit kan opraak.
Wat is intensiteit?
Die krag wat iets het.
Wat is goeder?
Dinge wat gemaak word om verkoop te word.
Definieer dienste.
‘n Vaardigheid of vermoë wat voorsien en verskaf word om in ‘n behoefte te voorsien.
Wat is verbruikersgoedere?
Goedere wat besighede vir die massamark vervaardig.
Wat is kapitaalgoedere?
Goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te produseer.
Wat is halfafgewerkte goedere?
Goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te vervaardig.
Wat is persoonlike dienste?
Dienste wat op die finale verbruiker gerig is.
Wat is kommersiële dienste?
Aktiwiteite wat daarmee te doen het om goedere en dienste by die verbruiker te kry.
Wie is produsente?
Mense wat hulpbronne gebruik om goedere te maak, produseer, kweek of verskaf en dit verkoop sodat dit aan die verbruikers se behoeftes kan voorsien.
Wie is verbruikers?
Mense wat goedere en dienste koop en gebruik om hulle behoeftes te bevredig.
Wat is herwinning?
Die proses waardeur afvalpapier, plastiek, glas en metaalblikkies versamel word, en dan vir ‘n ander doel gebruik word.
Wat is ongelykheid?
Ongelyke verspreidings van bates of welvaart en inkomste in of tussen bevolkings of individue.
Definieer armoede.
Die toestand van behoeftig wees, waar mense min of geen het nie en dikwels nie vir hulle basiese behoeftes kan betaal nie.
Wat is wanbalans?
Gebrek aan proporsie of verband tussen ooreenstemmende dinge.
Wat is lewenstandaard?
Mense se toegang tot goed soos produkte en dienste wat die lewe geriefliker maak.
Wat is infrastruktuur?
Die basiese stelsels en dienste wat nodig is om ‘n land behoorlik aan die gang te hou, byvoorbeeld geboue, vervoer, water en elektrisiteit.