Goedere En Dienste Flashcards
Wat is goedere?
Artikels wat ‘n mens kan sien en kan aanraak.
Noem die verskillende soorte goedere.
- Verbruikersgoedere
- Kapitaalgoedere
- Halfafgewerkte goedere
Wat is verbruikersgoedere?
Goedere wat besighede vir die massamark vervaardig.
Hoe word verbruikersgoedere verdeel?
- Duursame goedere
- Nieuursame goedere
Wat is duursame goedere?
Goedere wat lank hou.
Voorbeeld: Meubels.
Wat is nieduursame goedere?
Goedere wat nie lank hou nie.
Voorbeeld: Brood en lekkers.
Wat is kapitaalgoedere?
Goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te produseer.
Gee ‘n voorbeeld van kapitaalgoedere.
Masjinerie en afleweringsvoertuie.
Wat is halfafgewerkte goedere?
Goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te vervaardig.
Gee ‘n voorbeeld van halfafgewerkte goedere.
Staal en hout.
Wat is dienste?
Dienste is dinge wat ander mense doen om jou te help en wat nie gesien of aangeraak kan word nie.
Wat is persoonlike dienste?
Persoonlike dienste is dienste wat op die finale verbruiker gerig is.
Gee ‘n voorbeeld van ‘n persoonlike diens.
Dokters en haarkappers.
Wat is kommersiële dienste?
Kommersiële dienste is aktiwiteite wat daarmee te doen het om goedere en dienste by die verbruiker te kry.
Wat behels kommersiële dienste verder?
Dit het ook te doen met die verskuiwing van mense, goedere of inligting van een plek na ‘n ander.