Nuwe Terme Flashcards
Wat is Kapitaal?
Geld of ander besittings wat die eienaar in sy sakeonderneming belê om dit te kan begin, bv. by spaargeld, voertuie (bv. ‘n bakkie) of selfs toerusting (bv. ‘n rekenaar).
Wat is Bates?
Besittings wat die sakeonderneming besit wat kontant (geld) omskep kan word of gebruik kan word om geld te maak, bv. grond en geboue, voertuie, en toerusting.
Wat is Laste?
Geld wat die sakeonderneming aan ander mense of ander sakeondernemings skuld, bv. lening of skuld by ’n verskaffer.
Wat is Inkomste?
Geld wat ‘n sakeonderneming verdien deur bv. verkope van produkte of deur die lewering van dienste.
Wat is Uitgawes?
Geld wat ‘n sakeonderneming uitgee om aan te kan hou sake doen. Dit is die koste van hulpbronne wat die sakeonderneming nodig het, of dit kan die betaling van items soos dienslewering en goedere wees.
Wat is Wins?
Wanneer inkomste MEER is as uitgawes.
Wat is Verlies?
Wanneer uitgawes MEER is as inkomste.
Wat is Netto Waarde / Eienaarsbelang?
Die “Staat van netto waarde” is ‘n spesifieke tipeskryf.
Wat is Finansiële Waarde?
‘n Persoon se “rykdom” wat gemeet word deur laste (skuld) van sy bates (besittings) af te trek. Dus: netto waarde = totale bates - totale laste.
Wat is Surplus?
Wanneer die inkomste meer is as die uitgawes.
Wat is Tekort?
Wanneer die uitgawes meer is as die inkomste.
Wat is Inkomste?
Geld wat ‘n persoon of besigheid ontvang in ruil vir werk of goedere/dienste.
Wat is Loon?
Vergoeding vir werk wat per uur of week betaal word.
Wat is Salaris?
Vergoeding vir werk wat per maand betaal word.
Wat is Staatstoelae?
Skenkings wat deur die regering aan individue gemaak word, bv. kindertoelae, ongeskiktheidstoelae en ouderdomstoelae.
Wat is Begrotingsproses?
Plan van hoe jou inkomste aangewend gaan word – inkomste begin vooruit beplan deur te besluit wat om te koop en wat te spaar (bv. op ‘n lys).
Wat is Spaar?
Wanneer die sakeonderneming of ‘n individu nie sy hele inkomste gebruik nie.
Wat is Bankwyses?
Moderne maniere waarop geld besit en oorgedra kan word van een persoon of onderneming na ‘n ander.
Wat is Bankrekening?
Rekening by ‘n bank of ander finansiële instelling waarin geld gesit en bewaar word.
Wat is Finansiële rekords?
Dokumente of ander digitale aantekeninge van die “boeke” van ‘n sakeonderneming. Dit hou tred met inkomste, uitgawes, skuld, ens.
Wat is Intellektuele eiendom?
Sake-idees wat deur mense geskep word en die reg om intellektuele uitvinding, soos skryfwerk of programme, te besit en daaruit voordeel te trek.
Wat is Beleggings?
Wanneer jy geld in ‘n projek, besigheid of idee sit met die verwagting om meer geld daaruit te maak.
Wat is Dividend?
Deel van die wins wat ‘n onderneming aan sy aandeelhouers uitbetaal.
Wat is Aandeel?
‘n Gelyke deel van ‘n maatskappy wat aandeelhouers koop om vir die sakeonderneming kapitaal te verskaf en te funksioneer.