Bates Flashcards
Wat is bates?
Besittings wat die besigheid besit.
Wat kan met bates gebeur?
Dit kan in geld verander word.
Hoeveel tipes bates is daar?
Twee.
Noem die twee tipes bates.
Vaste bates en bedryfsbates.
Wat is vaste bates?
Dinge wat lank gebruik word in ’n besigheid.
Hoe lank hou vaste bates?
Langer as een jaar.
Word vaste bates gekoop om dit te verkoop?
Nee, dit word nie gekoop om te verkoop nie.
Noem 3 voorbeelde van vaste bates.
Grond en geboue, voertuie, toerusting.
Wat is ’n voorbeeld van toerusting?
Rekenaar, drukker of masjien.
Hoekom koop ’n besigheid vaste bates?
Om die besigheid te laat werk.
Wat is bedryfsbates?
Dinge wat vinnig in geld verander kan word.
Hoe lank neem dit om bedryfsbates in geld te verander?
Gewoonlik binne een jaar.
Noem twee algemene vorms van bedryfsbates.
Kontant en bankrekening.
Wat is handelsvoorraad?
Goedere en grondstowwe wat die besigheid besit.
Wat is kleinkas?
Kleingeld vir aankope of om vir klante terug te gee.
Wat is ‘n vaste deposito?
‘n Spaarrekening wat rente betaal, maar moeilik is om uit te trek.