Module 1.4 Sagteware Flashcards
Sagteware verdeel in twee tiepes naamlik…
Stelselsagteware en Toepassingsagteware
Wat is die verskil tussen toepassing- en stelselsagteware?
- Toepassingsagteware is gewoonlik die rekenaarprogramme wat gebruik word vir die uitvoer van ‘n spesifieke taak.
- Stelselsagteware is die basiese stel programme wat toelaat dat programme toegang kan verkry tot die hardeware, en gebruik word om toepassingsagteware uit te voer.
Noem die twee hoofdele waarin toepassingsagteware verdeel.
1) Multimediasagteware
2) Kommunikasiesagteware
Definieer Multimediasagteware
Dit word gebruik om multimedia-inhoud soos teks, klank, beelde, tekeninge, animasies en video te skep of te besigtig. (Meestal met HTML 5)
Definieer Kommunikasiesagteware.
Word gebruik om elektroniese kommunikasie eenvoudig, effektief en doeltreffend te maak.
bv.
* e-posprogramme (Outlook)
* webblaaiers (Edge, Internet Explorer)
* aanlyn kletskamers
* kitsboodskapsagteware (Whatsapp)
* VoIP sagteware (Skype)
Versoenbaarheid
Compatability
Versoenbaarheidskewessies ontstaan…
- omdat elke maatskappy ‘n ander manier gebruik om die data op hulle lêers te enkodeer.
- Gebruikers wat lêers deel verskillende weergawes van sagteware en woordverwerkers het.
Maniere op versoenbaarheidsprobleme op te los
- Uitvoer (Export) m.a.w stood die dokument in ‘n formaat wat deur die ander persoon se program oopgemaak kan word.
- Invoer (Import) m.a.w Gebruik die Import of Open-with opsie om lêers van ‘n ander formaat oop te maak.
- Opgradeer
- Standardiseer
Opgradeer
Sodat die nuutste weergawes van die sagteware bereik kan word.
Standaardiseer
Maak seker dat almal in jou organisasie (of wat saam met jou werk) dieselfde weergawe van programme van dieselfde maatskappy gebruik.
Backwards compatability
Met versoenbaarheidskwessies..sal die nuwer weergawes van die sagteware byna altyd die ouer weergawe van die sagteware se lêers kan opmaak en lees, maar die omgekeerd is nie waar nie.
Programfoute (Software bug)
Wanneer die logika van ‘n program ‘n fout veroorsaak a.g.v verkeerde data wat ingevoer word of a.g.v. van ‘n four in die programmering, - noem mens dit gewoonlik ‘n rekenaarfout.
Maniere om sagteware foute te voorkom
1) Toetsing: mense wat dit ontwerp step beta weergawes van die programme vry wat deur die publiek getoets kan word
2) Gebruikers kan die foute aanmeld.
3) Gebruikers kan hulle sagteware gereeld opdateer sodat dit beter werk.
Definieer opdatering van sagteware
Dit is die proses om die nuutste korreksies van programme te kry waar foute reggemaak is of om nuwe additionele funksies en eienskappe te kry.
Hoe doen mens opdaterings?
1) In die program se ‘help’ of ‘about’ opsies is daar opsies soos ‘check for updates’
2) Die program doen automaties die opdaterings.
Service packs
is ‘n versameling van al die vorige opdaterings vir ‘n sekere tydsperiode. Dit is vir mense wat agter is met opdaterings sodat alles op een slag reggemaak kan word.
Aanlyn sagteware
‘cloud computing’ ‘webtoepassings’
beskryf scenarios waar programme op bedieners op die Internet uitgevoer word.
Voordele van Aanlyn Sagteware
1) Sagteware is altyd op datum
2) Jy hoef niks te installeer of aftelaai nie
3) Neem nie spasie op stoormedia op nie
4) Die bediener se SVE is kragtiger as jou rekenaar s’n en kan dus kragtiger programme uitvoer
5) Toegang tot jou data en programme van enige rekenaar solank daar ‘n Internet konneksie is.
Nadele van Aanlyn Sagteware
1) Kan dit slegs gebruik met n internetkonneksie
2) Het nie beheer oor sekuritiet en rugsteun beleid van data wat aanlyn gestoor word nie
3) Moet dalk die program huur en n maandelikse fooi betaal
4) Aanlyn sagteware het dalk nie al die funksies nie
Voorbeeld van Aanlyn Sagteware
Google docs.
Definieer Webtoepassings
Blogs - is toepassings om aanlyn publikasies mee te skep
bv. Squarespace, Blogger of WordPress
Wat is goeie Blog gewoontes?
1) Hou die Blog vars en op datum
2) Interaksie met lesers
3) Trant moet gemaklik, informatief en interessant wees
4) duidelike opinies
Voordele van Blogs
1) Ruil maklik en vinnig idees uit en kommunikeer
2) Vir persoonlike en formele gebruik
3) Hulpplatvorms en platvorms vir verandering in gemeenskappe
Nadele van Blogs
1) Moet voortdurend opgedateer word om relatief te bly
2) ‘n Platvorm skep vir aanlyn boelie
3) Vertoon soms aanhoudend advertensies
Sagteware vir gebruikers met fisiese gestremdhede voorbeelde:
Verstelbaar in Ease of Access
1) Vergroot area op skerm vir swaksiendes
2) Teks na Spraak
3) Groter muismerker
4) Hoër kontrast op skerm vir leesbaarheid
5) alt teks vir waar die rekenaar geluide sou maak
6) stemherkenning
Wat is MAGic
Screen Magnification Software is n voorbeeld van sagteware way die skerm vergroot vir swaksiende gebruikers