Meiose Flashcards
Diploïede chromosoomgetal
Die dubelle stel chromosome, 46 by die mens
Haploïede chromosoomgetal
Die enkele stel ongepaarde chromosome in die geslagselle wat by die mens 23 is
Kariotipe
Die volledige diploïede stel chromosome binne een somatiese sel van ‘n organisme, wat volgens hul grootte, vorm en getal in homoloë pare gerangskik is
Outosome
Die 22 pare gewone chromosome wat niks met geslagbepaling te doen het nie, in die kariotipe van die mens
Gonosome
Die een paar geslagschromosome in die kariotipe van die mens
Selsiklus
Die tydperk waartydens ‘n sel groei, genetiese materiaal repliseer en verdeel
Interfase
Die tydperk tussen 2 opeenvolgende verdelingsfases waartydens selgroei en replisering van DNA plaasvind
Kariokinese
Die proses in die verdelingsfase waartydens die verdeling van die selkern en chromosome plaasvind
Sitokinese
Die proses in die verdelingsfase waartydens verdeling van die sitoplasma, organelle en selmembraan plaasvind
Mitose
Die tipe seldeling wat identiese dogterselle produseer
Meiose
Die tipe seldeling wat plaasvind in organismes met geslagtelike voortplanting; Die vier dogterselle wat geproduseer word, besit die haploïede chromosoomgetal, en is nie identies aan die ouersel nie.
Oorkruising
Chromatiedstukke of segmente van homoloë chromosome breek af en word uitgeruil
Chiasmata
Die plekke waar chromatiede oorkruis en breekpunte ontstaan
Anafase I
Fase van meiose waartydens halvering van die chromosoomgetal plaasvind
Telofase II
Fase van meiose waartydens 4 dogterselle, elk met die haploïede chromosoomgetal, gevorm word