Genetika en Oorerflikheid Flashcards

1
Q

Geen

A

‘n Spesifieke gedeelte van ‘n DNA- string wat vir ‘n spesifieke eienskap bv. oogkleur, kodeer, of die eienskap beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Oorerflikheid

A

Die oordra van geneties- beheerde eienskappe bv. haarkleur, vanaf een generasie na die volgende.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Punnet- vierkant

A

Kan gebruik word om die waarskynlike resultaat van ‘n kruising te bepaal. Genotipes van nakomelinge word verkry deur gamete in een kolom te kombineer met die gamete in elke ry in die blokkies van die vierkant.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Fenotipe

A

Die sigbare eienskappe van ‘n organisme agv die reaksie tussen sy genetiese samestelling en die omgewing.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Genotipe

A

Die genetiese samestelling van ‘n organisme.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Nakomeling

A

‘n Persoon se kind of ‘n dier se kleintjie of ‘n afstammeling van ‘n plant.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Variasie

A

Die reeks van verskille tussen individue in ‘n bevolking van dieselfde spesie, wat ‘n gevolg kan wees van genetiese of omgewingsfaktore.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Kontinue variasie

A

Kenmerke toon variasie in ‘n wye reeks, met baie intermediêre waardes, bv ‘n reeks lengtes, massas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Diskontinue variasie

A

Kenmerke wat in twee of meer onderskeidende klasse val bv. swart of wit pels, A, AB, B of O bloedgroepe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Erflike eienskappe

A

Eienskappe wat deur gene bepaal word en word oorgedra

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Allele

A

Een, twee of meer alternatiewe vorme van ‘n geen, op dieselfde lokus van gepaarde chromosome, en wat dieselfde erflikheidseienskap beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Oorgeërfde eienskap

A

Elemente van oorerwing word oorgedra vanaf ouers na nakomelinge tydens voortplanting.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Genotipiese verhouding

A

Kan soms gebruik word om die fenotipe van die organismes wat gekruis word te voorspel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Fenotipiese verhouding

A

Kan soms gebruik word om die genotipe van die organismes wat gekruis word te voorspel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wet van Segregasie

A

Skeiding van gerepliseerde homoloë chromosome na teenoorgedtelde kante van die sel. Verspreiding van allele op chromosome in gamete tydens meiose.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Monohibried

A

‘n Hibried vanaf ouers wat slegs verskillend is ten opsigte van ‘n enkele geenpaar.

17
Q

Dominant

A

‘n Geen wat altyd ‘n ouerlike eienskap in enige nakomeling uitdruk. Dominante allele bepaal die fenotipe selfs wanneer daar slegs een is.

18
Q

Ressessief

A

Word gebruik om ‘n geen te beskryf wat ‘n effek in ‘n organisme produseer slegs wanneer sy ooreenstemmende alleel identies is. ‘n Alleel waarvan die fenotipiese effek nie uitgedruk word in ‘n heterosigoot nie.

19
Q

Homosigoties
Suiwertelend
Egtelend

A

Besit twee identiese gene op ooreenstemmende lokusse van homoloë chromosome.

20
Q

Heterosigoties

A

‘n Sel of organisme wat twee of meer verskillende weergawes van allele van ten minste een van sy gene besit.

21
Q

Filiale generasie

F1, F2

A

Verwus na die eerste of tweede filiaal/ seun of dogter in ‘n kruising

22
Q

Ouergenerasie

P1, P2

A

Dien as ouers in ‘n kruising

23
Q

Selfbestuiwing

A

Die oordra van stuifmeel vanaf die helmknop na die stempel van dieselfde blom

24
Q

Homoloë chromosoompare

A

‘n Paar chromosome wat soortgelyk is in struktuur, en in die stel gene wat dit dra. Een van elke paar kom van die moeder en een van die vader. Hierdie chromosomevorm pare gedurende meiose.

25
Q

Draer van allele/ siektes

A

‘n Persoon of dier wat geaffekteer is/ ‘n alleel met ‘n siekte besit, sonder om enige van die simptome te toon, en wat die siekte/ alleel kan oordra na sy nakomelinge.

26
Q

Lokus

A

Die posisie van ‘n geen op ‘n chromosoom

27
Q

Ko-dominansie

A

Die twee allele word in gelyke mate in die nakomeling/ organisme uitgedruk. ‘n Tipe oorerwing waarin heterosigote beide allele ten volle uitdruk.

28
Q

Onvolledige dominansie

A

‘n Tipe oorerwing waarin die heterosigotiese nakomeling ‘n intermediêre fenotipe van die homosigotiese ouers besit.

29
Q

Geslagsgekoppelde kenmerke

A

Die toestand waar die oorerwing van ‘n geslagschromosoom gekoppel word aan ‘n gegewe geen bv. rooigroen-kleurblind en hemofilie by mense. Hierdie kenmerke is op die X- chromosoom geleë.