Evolusie Flashcards
Biologiese evolusie
Genetiese veranderinge in ‘n bevolking wat oor opeenvolgende generasies oorgeërf is as gevolg van natuurlike seleksie wat uiteindelik die vorming van nuwe spesies tot gevolg het.
Die ontwikkeling van nuwe lewensvorme oor baie generasies heen.
Makro-evolusie
Klein variasies wat binne ‘n spesie voorkom en klein veranderinge in die genotipe van die spesie tot gevolg het.
Mikro-evolusie
Samevoeging van al die gelyste en bekende fossiele, van verskillende ouderdomme, wat regoor die wêreld deur paleontoloë ontdek is
Fossielrekord
Die studie van plant- en dierfosiiele
Paleontologie
Wetenskaplike wat fossiele bestudeer
Paleontoloog
Vroegste, mees primitiewe voël wat as ‘n oorgangsvorm tussen reptiele en voëls beskou word
Archaeopteryx
Verskynsel dat die basiese bouplanne van verskillende plant- en diergroepe oor tyd gewysig is om by hul veranderende omgewings aan te pas
Afstamming met modifikasie
Soortgelyke strukture met dieselfde bouplan, wat in verskillende organismes verskillende funksies verrig
Homoloë strukture
Die tipe evolusie waar organismes uit ‘n gemeenskaolike voorouer ontwikkel het, maar verskillende evolusionêre roetes gevolg het
Divergerende evolusie
Liggaamstrukture waarvan die bouplan verskil, maar wat in verskillende organismes dieselfde funksie verrig
Analoë strukture
Tipe evolusie, organismes nie verwant, maar strukture vir soortgelyke omgewings totaal onaghanklik van mekaar ontwikkel
Konvergerende evolusie
Studie van die verspreiding van bestaande en uitgestorwe plant- en dierspesies in bepaalde geografiese streke
Biogeografie
Ingeligte veronderstelling, voorgestelde oplossing vir probleem, verklaring vir verskynsel
Hipotese
Bevestigde verduideliking of hipotese, wat sin maak van ‘n natuurlike verskynsel
Teorie
Term wat Lamarck se idees, dat ‘n organisme verworwe eienskappe aan sy nageslag oordra, beskryf
Lamarckisme
Meganisme van evolusie waar die natuur die individue wat die geskikste vir oorlewing is, sekekteer
Natuurlike seleksie
Die model van evolusie wat deur Darwin se teorie as ‘n baie stadige, geleidelike verandering in spesies oor tyd verduidelik word
Gradualisme
Teorie wat die lang tydperke in die fossielrekord, waar spesies onveranderd gebly het en inewewig was, totdat skielike vinnige veranderinge hul bestaan onderbreek het, verduidelik.
Gepunte ewewig
Sekere omgewingsfaktore wat druk op die bevolking uitoefen en as ‘n sneller vir natuurlike seleksie dien
Seleksiedrukke
Doelbewuste teling van plante en diere vir gewenste eienskappe, wat nie noodwendig die oorlewing van die nakomelinge gaan bevoordeel nie
Kunsmatige seleksie
Groep mak diere binne spesie, waarvan die voorkoms oor baie generasies deur kunsmatige seleksie bepaal is
Ras
Kruisteling van naverwante individue om gewenste eienskappe te behou
Inteling
Kruisteling van nie-verwante individue om nuwe of sterker eienskappe uit te bring
Uitteling