Marike Flashcards
Begrippe
The U-Theory
4 vlakke van luister
Die omgewing of omstandighede wat die deelnemers aan die kommunikasieproses tot
interaksie in staat stel, noem ons…
[2] konteks.
Watter een van die volgende stellings is waar?
[4] Ons bepaal na aanleiding van die vorm van die taaluiting wat die spreker met die
uiting veronderstel.
Die feitelike betekenis van ’n woord word die … genoem.
[1] denotasie
Watter een van die volgende stellings is onwaar?
[4] Lag is nie ’n voorbeeld van nieverbale kommunikasie nie.
Die maatstawwe of standaarde wat sprekers van ’n taal gebruik om ’n waarde-oordeel in
sekere situasies uit te spreek, word ………. genoem.
[3] norme
“Teks” is ……..
[2] alle geskrewe, gesproke en getikte teks plus ons innerlike dialoog.
Die korrekte fonetiese transkripsie vir die woord “maan” is:
[3] [ma:n]
Wanneer die woorde “op die” as “oppie” uitgespreek word, noem ons dit …..
[1] assimilasie.
Wat is die funksie van ’n metafoor?
[1] Dit verwoord en verander die wêreld
“Soeklees” beteken om …..
[4] vinnig deur ’n teks te lees om bepaalde inligting daaruit te kry.
Watter een van die volgende stellings is waar?
[2] Skryftaal en spreektaal funksioneer op verskillende vlakke.
’n Komma in ’n sin……
[2] “Grens” gedagtes in veral langer sinne af.
Watter leestekens word gebruik wanneer die direkte woorde van ’n persoon aangedui
word?
[4] Aanhalingstekens.
Watter een van die volgende stellings oor skryfstyl is waar?
[1] Goeie skryfwerk hou ten nouste verband met watter styl vir die skryf van ’n teks gebruik word.