LEEREENHEID 2: Tydwaarde van geld Flashcards
Verduidelik die rol van tydwaarde
Die waarde van ‘n belegging hang af van
- Grootte en tydsberekening van kontantvloei
- Hoe groter die kontantvloei, en hoe gouer die ontvangs van hierdie kontantvleoi, hoe meer waardevol is die belegging
Tydwaarde van geld
Kontantvleoi wat in die nabye toekoms ontvang word, is meer waardevol as die wat in die toekoms ontvang sal word
Tipes rente
Enkelvoudige rente: Rente wird slegs op die hoofsom verdien ‘principle amount’ - rente word verdien en nie herbelê of investeer nie
Saamgestelde rente “ compound interest”: Rente wat verdien word op beide die hoofsom (kapitaal wat geïnvesteer is) en rente wat herinvesteer is (m.a.w. rente op rente)
Rigting van kontantvloei
Invloei ->positief (+)
Uitvloei->negatief (-)
Toekomstige waarde (FV)
Die Randwaarde waartoe, ‘n belegging of reeks van beleggings, sal groei oor ‘n bepaalde tydperk teen ‘n spesifieke rentekoers
Huidige waarde (PV)
Die Randwaarde soos aan die begin van die belegging, of die verdiskonteerde bedrag van die toekomstige kontantvloeie teen ‘n bepaalde rentekoers