LEEREENHEID 1 Die konteks, omgewing en doelwit van finansiële bestuur Flashcards
Finansiële funksie kyk hoofsaaklik na
vloei van kapitaal (fondse) tussen besighede
Besluite wat geneem moet word:
Finansieringsbesluite
Beleggingsbesluite
Die oogmerk van ‘n maatskappy is
Hoofsaaklik om die welvaart/waarde van aandeelhouers te verhoog
Wins per aandeel = Netto wins na belasting/aantal aandele
Nie wins maksimering, wnat as wins net aan aandeelhouers betaal word, bly die besigheid dieselfde en geen groei het plaasgevind nie.
Rol van Finansiële Bestuur
- Proses om waarde in ‘n maatskappy te skep
- Beplanning, organisering en beheer van finansiële bedrywighede
- Uitkoms - om aandeelhouers se welvaart te verhoog
- Finansiële bestuur ≠ Rekeningkunde
Rekeningkunde teenoor finansiële bestuurders
Rekeningkunde: ‘n historiese perspektief (verslag doen)
Finansiële bestuurders: Gebruik inligting van rekenmeesters om besluite te neem. Vooruitskouende perspektief (toekoms)
Korporatiewe finansiële bestuursbesluite
3 basiese besluite:
- KAPITAALBEGROTING (Capital budgeting) Waarin moet die onderneming belê (beleggingsbesluitneming)
- KAPITAALSTRUKTUUR (Capital structure) Finansiering om te betaal vir die nuwe belegging
- BEDRYFSKAPITAAL (Working capital) Dag-tot-dag finansiële aktiwiteite
Kapitaalbegroting: Finansiële bestuurder moet streef om waarde te skep….
deur beleggings te identifiseer wat waarde sal skep / toevoeg (positiewe netto huidige waarde “NPV”)
Kapitaalbegroting: Bepaal kontantvloei
- Grootte - hoeveel aanvanklike belegging benodig word en hoeveel inkomste sal ontvang word
- Tydsberekening - wanneer en vir hoe lank sal inkomste ontvang word
- Risiko - die waarskynlikheid om die inkomste te ontvang
Kapitaalstruktuur
Die mengsel van skuld en ekwiteit wat ‘n maatskappy gebruik om nuwe beleggings / projekte te befonds
Drie keuses beskikbaar:
Leen langtermynfondse (skuld) – verhoog risiko
Gebruik spaargeld van die maatskappy (behoue verdienste)
Nuwe aandele uitreik van meer aandele (ekwiteit) - eienaarskap daal
Enige bogenoemde opsie sal ‘n effek hê (risiko en waarde)
Bedryfskapitaal Bestuur: Bedryfskapitaal
korttermynbates en laste
Hoe sal jy die dag-tot-dag aktiwiteite van die besigheid benader?
- Verkope: kontant of krediet of beide?
- Wie sal krediet ontvang en wie nie?
- Hoeveel dae tot dat debiteure moet betaal?
- Betaling van verskaffers: kontant of krediet of beide?
Bedryfskapitaal bestuursbesluite moet
Doeltreffende besigheidsfunksies verseker. EN…
Voldoende finansiële hulpbronne beskikbaar hê om winsgewend en likied te wees!
Die doelwitte van finansiële bestuur:
Die hoofdoel is om wins te maksimeer:
Toenemende verkope
Toenemende markaandeel
Minimalisering van koste
Toenemende groei in winste
Vermy insolvensie
Oorlewing
Die doelwitte van finansiële bestuur:
Die hoofdoel is om wins te maksimeer:
MAAR…. fokus net op winsgewendheid
dan word risiko geïgnoreer
Hoër risiko moet ooreenstem met hoër opbrengs
Dus basiese doelwit = maksimeer aandeelhouers se welvaart
Verhoog aandeelhouers se welvaart
Nr 1 doel en hoe kan dit gedoen word ?
Verhoog die rykdom van die aandeelhouers
- Aandeelhouers ontvang dividende
- Toename in die aandeelprys
Wat word in ag geneem wanneer finansiële bestuurder fokus om aandeelhouers se welvaart te maksimeer
Risiko en opbrengs
Winsmaksimering
Korttermyn doelwit en kyk nie na langtermyn-effekte nie
Aandeleprysmaksimering
korttermyn en langtermyn
Die korporatiewe vorms van besigheid
Alleeneienaar (Sole proprietorship)
Vennootskap (Partnership)
Maatskappye (Company)
Nie-winsgewende maatskappye (Non-profit)
Vir-winsgewende maatskappye (For-profit)
Alleeneienaar (Eenmansaak)
- Een persoon het die beherende belang (eenmansaak)
- Sukses / mislukking is heeltemal in die hand van een persoon
- Hoofkenmerke:
1. Maklike toegang tot die mark
2. Lewensduur van besigheid = eienaar se lewensduur
3. Eienaar is gewoonlik ook die bestuurder (maksimeer eie rykdom)
4. Besigheid nie ‘n afsonderlike regsentiteit van eienaar nie – eienaar ten volle aanspreeklik vir die verliese en of skuld van besigheid
Vennootskap
- Privaat ooreenkoms tussen vennote (2 - 20)
- Almal dra by tot besigheid met vaardighede en kapitaal (equity)
- Vennote kan meer kapitaal insamel en groter kredietwaardigheid hê
- Hoofkenmerke:
1. Maklike toegang tot die mark
2. Die lewensduur van die besigheid is beperk
3. Besigheid nie ‘n afsonderlike regspersoon van vennote nie
4. Wins en skuld is die aanspreeklikheid van die vennote in verhouding tot hul bydrae tot kapitaal
Maatskappye
Afsonderlike regspersoon van die eienaars
Eienaars (aandeelhouers) het beperkte aanspreeklikheid
Maatskappy moet voldoen aan wetgewing
Twee soorte maatskappye:
Nie-winsgewende maatskappye
Winsgewende maatskappye
Nie-winsgewende maatskappye
- Ingelyf deur 3 of meer persone.
- Moet voldoen aan beginsels soos uiteengesit in Bylae 1 van die Wet:
- Oor die algemeen word nie-winsgewende maatskappye nie vereis om aan die volgende bepalings te voldoen nie:
1. kapitalisasie van winsgewende maatskappye;
2. sekuriteite registrasie en oordrag;
3. sekere bepalings met betrekking tot direkteure, die aanstelling van maatskappysekretarisse, ouditeure en ouditkomitees;
Oor die algemeen word nie-winsgewende maatskappye nie vereis om aan die volgende bepalings te voldoen nie:
- openbare aanbiedinge van maatskappy sekuriteite;
- oornames, aanbiedinge en fundamentele transaksies;
- regte van aandeelhouers om ‘n sakereddingsplan goed te keur;
- teenstrydige aandeelhouers se beoordelingsregte
Winsgewende maatskappye Private maatskappy (Eiendoms Beperk of Edms. (Bpk))
- Byna identies soos sy voorganger in die vorige Maatskappywet
- Nie meer beperk tot 50 lede nie.
Is….Winsgewende maatskappye wat nie publieke maatskappye of persoonlike aanspreeklikheid of maatskappye in staatsbesit is nie - Verbied om enige van sy sekuriteite (aandele) aan die publiek te bied en beperk die oordraagbaarheid van sy aandele.
Winsgewende maatskappye Persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy (Ingelyf of Inc)
- ‘n Maatskappy wat voldoen aan die kriteria vir ‘n private maatskappy
- Memorandum van inlywing verklaar dat dit ‘n persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy is
- So.. die direkteure en vorige direkteure is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik, saam met die maatskappy, vir enige skulde en aanspreeklikhede van die maatskappy wat gedurende hul onderskeie ampstermyne gekontrakteer is.
Winsgewende maatskappye: Openbare maatskappy (Beperk of Bpk)
- ‘n Maatskappy wat nie ‘n maatskappy in staatsbesit, private maatskappy of persoonlike maatskappy is nie.
- Baie soortgelyk aan sy voorganger in die vorige Maatskappywet. Die minimum aantal lede is van sewe (in die vorige wet) verminder tot een in die huidige wet.
Winsgewende maatskappye: Staatsbesit (SOC Bpk)
‘n Onderneming wat as ‘n maatskappy geregistreer is, wat binne die betekenis van ondernemings in staatsbesit val ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur No 1 van 1999, of is in besit van ‘n munisipaliteit.
Die agentskapsprobleem
- Doel van finansiële bestuur: verhoog aandeelhouers se welvaart
- Eenmansaak = maklik; eienaars is gewoonlik ook die bestuurders van die besigheid
- Groot maatskappye = moeilik; eienaars / aandeelhouers nie direk betrokke by besigheid nie
- Die aandeelhouers (prinsipale) stel bestuurders (agente) aan om hul belange te versorg
- Agentskapsverhouding: die verhouding tussen die prinsipaal en die agent
- Agentskapsprobleem: wanneer die agent nie in die beste belang van die prinsipaal optree of besluite neem nie
Agentskapskoste
- Bestuurs- en aandeelhouersdoelwitte kan verskil
- Agentskapskoste: Enige koste (beide direk en indirek) wat kan ontstaan as gevolg van die agentskapsprobleem
- Direkte agentskapskoste: meetbare bedrag bv Enron (waar direkteure finansiële state gemanupileer en wanbestuur het)
- Indirekte agentskapskoste: verlore geleenthede bv nie ‘n projek aanvaar nie agv risiko
Beheer agentskap koste deur:
Aansporingsplanne (incentives) – bestuurders se werksprestasie word gemeet deur die groei van die aandeleprys en sluit aandele-opsies in
Prestasieplanne – bestuurders se prestasie word gemeet dmv verdienste per aandeel en toevoeging van ekonomiese waarde. Bestuurders kan bonusse en / of prestasie aandele ontvang.
Finansiële markte
Plek waar iemand met fondse kan handel met iemand wat fondse benodig; Geldmark en Kapitaalmark; Primêre mark en Sekondêre mark
Geldmark
waar korttermynskuld sekuriteite koop en verkoop word (geen fisiese ligging nie). Korter as 1 jaar.
Kapitaalmark
langtermynskuld sekuriteite (effekte) soos aandele en skuldbriewe handel. Langer as ‘n jaar. JSE in SA plus 4 nuwe market: ZAR X, 4AX, A2X en BEE-focused Equity Express Securities Exchange
Primêre mark:
verkoop sekuriteite vir die eerste keer
Twee tipes:
‘Private Placement’ – net vir spesifieke kopers
‘Public Offering’ – vir algemene publiek
Sekondêre mark:
Sekuriteite verhandel nadat dit in die primêre mark verkoop is
Twee tipes:
1. Veilingmark (Auction markets): makelaar bring koper en verkoper saam (NYSE), het ‘n spesifieke plek of fisiese ligging met ‘n handelsvloer.
2. Handelaarsmark (Dealer markets): Handelaars bied sekuriteite aan om te koop of verkoop teen vaste pryse dus ‘n ‘over-the-counter’ (OTC). Die koper en verkoper kom nie in person bymekaar soos by ‘Auction markets’ nie. Voorbeelde is NASDAQ en JSE + 4 nuwe ‘stock exchanges’ in SA
Finansiële instellings:
Bring spaarders en leners bymekaar om fondse effektief te allokeer (finansiële tussenganger)
Soos bv. Banke, Lewensversekeraars, Pensioenfondse en CIS (wat unit trusts insluit)
Besigheidsetiek
- Etiese besluite verwys na besluite oor wat goed, reg en regverdig is wanneer met ander gehandel word (waar “ander” breedweg gedefinieer kan word as mense, diere of die natuur)
- Om die wet te gehoorsaam beteken nie jy tree eties op nie.
- Nakoming van die wet lei nie noodwendig tot etiese gedrag nie.
Besigheidsetiek (2)
- Die wet is buite die individu wat deur wetgewing opgele word en toegepas word deur diegene te straf wat dit breek.
- Eties is intern en vir ‘n individu dus die begeerte “om die regte ding te doen” in teenstelling met die wet wat die individu “dwing om die regte ding te doen”
- Byvoorbeeld, die stelsel van Apartheid was wettig, maar nie eties nie.
Korporatiewe bestuur
- Korporatiewe bestuur = raamwerk van reëls en praktyke wat deur ‘n maatskappy se direksie gebruik word om te verseker:
Verantwoordbaarheid, regverdigheid en deursigtigheid
in die maatskappy se verhouding met sy aandeelhouers, skuldeisers en ander belanghebbendes. - Die raamwerk moet verseker dat bestuurspraktyke is:
Wettig, objektief, deursigtig en eerbaar. - King IV verslag
Distribusiebeleid
- ‘n Entiteit se distribusiebeleid weerspieël die benadering wat bestuur ten opsigte van kontantuitkerings volg.
- Sal die entiteit van die kontant verdeel tussen die aandeelhouers?
- Indien wel, hoeveel van die wins sal verdeel word tussen die aandeelhouers?
Daar word gereken dat ‘n entiteit se distribusiebeleid ‘n groot impak op die waarde van sy aandele het. - Want, aandeelhouers reageer wanneer ‘n dividend nie uitgereik word nie, verhoog of verlaag word!
Die finansiële bestuurder moet die volgende drie besluite neem om waarde te skep:
Waarin moet ‘n onderneming belê?
Waar sal die besigheid die langtermynfinansiering kry om die belegging te finansier?
Hoe sal die besigheid sy dag-tot-dag finansiële aktiwiteite bestuur?
Die belangrikste finansiële bestuursdoelwit is:
Om die welvaart van die aandeelhouers te verhoog deur die huidige aandeelprys te verhoog.
Die vier vorme van ‘n besigheidsorganisasie is:
Alleeneienaar
Vennootskap
Maatskappy
Beslote korporasie (uitgefaseer)
Aandeelhouers
Is die eienaars van ‘n besigheid en hulle stel bestuurders aan om as hul agente op te tree. As die bestuurders nie in die belang van die aandeelhouers optree nie, kan dit ‘n agentskapsprobleem veroorsaak.
Finansiële markte
Dien as ‘n platform om kopers en verkopers van sekuriteite bymekaar te bring. Daar is twee vorme van finansiële markte, naamlik geld- en kapitaalmarkte. Kapitaalmarkte word ook verdeel in primêre en sekondêre markte.
Finansiële instellings tree op as tussengangers
Om verskaffers van fondse (spaarders) en eisers van fondse (leners) bymekaar te bring.
Korporatiewe bestuur en etiek is nodig
om ‘n besigheid op ‘n morele en wettige wyse te bestuur.
Agentskapskwessie en agentskapsverhouding
Verantwoordelikheid van besigheid
- WIns
- Sodiaal verantwoordelik
- Vernatwoordelik teenoor natuur