Leereenheid 1.3: Organisasiekommunikasie Flashcards
Noem die 4 tipes organisassiestrukture:
- Lynstruktuur (Hiërargiese struktuur)
- Lyn- en stafstruktuur
- Funksionele struktuur
- Matriksstruktuur
Wat is Organisasiekultuur:
- Organisasiekultuur verwys na die gedeelde waardes, norme, doelwitte en praktyke wat die organisasie kenmerk
- Werknemers wat nuut by ‘n organisasie moet hierdie waardes en praktyke aanvaar en self toepas.
Noem die 4 TIPES
ORGANISASIEKULTURE:
- Stam/Samewerkende Kultuur: Mensgeoriënteerd, Werknemens voel soos familie.
- Adhokrasie/Innovasie Kultuur: Fokus op innovasie en toekomsgerigte denke, Organisasie is gerat vir verandering en
vermy nie onsekerhede nie. - Hiërargiese/Beheer Kultuur: Het baie reëls en beleide in plek, Vermy verandering.
- Markgerigte/Kompeterende Kultuur: Gefokus daarop om sperdatums en teikens te haal, Stel hoë verwagtinge aan werknemers.
UITDAGINGS VIR
BESIGHEIDSKOMMUNIKASIE:
*Diversiteit: Kultuur
*Die wet en etiek: Plaaslike en internasionale wetgewing, Etiek en gedragskodes.
*Konflikhantering
Dimensies van kultuur:
Individualisties vs Kollektiwisties
INDIVIDUALISTIES
* Plaas klem op persoonlike doelwitte van die individu
* Individue beskou hulself as uniek en onafhanklik
* Mense word aangemoedig om selfversorgend te wees
* Kompetisie is goed vir vooruitgang
KOLLEKTIWISTIES
* Die groep se belange word bo dié van die individu gestel
* Lede van die groep is interafhanklik en versorg mekaar
* Om in te pas is belangrik
* Ubuntu: I am because we are Ons help, luister en betoon solidariteit met mekaar
Dimensies van kultuur:
Manlikheid vs vroulikheid
MANLIKE KULTURE
* Heg waarde aan “manlike” eienskappe soos ambisie en selfgeldende gedrag
* Tref ‘n duidelik onderskeid tussen die rolle van mans en vrouens
VROULIKE KULTURE
* Heg waarde aan “vroulike” eienskappe soos versorging
* Die onderskeid tussen die rolle van mans en vroue is vaag
Dimensies van kultuur:
Langtermyn vs Korttermyn
LANGTERMYN
* Wag geduldig vir beloning in die toekoms
* Daar is nie ‘n verwagting van vrye tyd nie.
KORTTERMYN
* Verwag onmiddelike belonging
* Tref onderskeid tussen werkstyd en vrye tyd
Dimensies van kultuur:
Gesagsonderskeid
LAE GESAGSONDERSKEID
* Mense is meer gelyk
* Mense in laer gesagsposisies toon nie soveel bewondering teenoor mense in hoë gesagsposisies nie.
HOË GESAGSONDERSKEID
* Mense is ongelyk
* Mense in lae gesagsposisies toon bewondering en eerbied aan mense in hoër gesagsposisies
Dimensies van kultuur:
Onsekerheidsvermyding
LAE ONSEKERHEIDSVERMYDING
* Mense aanvaar onvoorspelbaarheid en ongewoonheid
* Mense neem risiko’s
* Mense neem insiatief
HOË ONSEKERHEIDSVERMYDING
* Mense probeer onsekerheid beperk deur baie reëls en regulasies te hê.
* Probeer risiko verminder en stel sosiale sekuriteit op prys
* Verdra nie maklik ongewone gedrag nie.
Die Wet en Etiek
- Internasionale wetgewing
- Plaaslike wetgewing
- Consumer Protection Act 68 of 2008
- Arbeidswetgewing bv. Employment Equity Act 55 of 1998
- Etiek – wat beskou word as moreel reg of verkeerd
- Om inligting te deel / weerhou
- Konflik tussen eie belang en die belang van die organisasie.
Spanwerk: Konflikhantering (4 tipes konflik)
Tipes konflik
* Analitiese konflik: Meningsverskil oor die beste oplossing vir ‘n probleem.
* Taakkonflik: Verskille ten opsigte van doelwitte, werksprosesse en uitkomste
* Interpersoonlike konflik: Konflik wat spruit uit persoonlikheidsverskille
* Rolle konflik: Konflik ten opsigte van leierskap, verantwoordelikhede -magstryde
Spanwerk:
Konflikhantering (Vyf fases van konflik)
:
1. Latente konflik: Onderliggende konflik
2. Waargenome konflik: Spanlede raak bewus van konflik in die organisasie
3. Aanvoelbare konflik: Konflik begin ‘n emosionele impak op spanlede hê
4. Gemanifesteerde konflik: Openlike konflikgedrag
5. Nadraai van konflik: Blywende effek van konflik
Spanwerk: Konflikhantering
(Ses stappe om konflik op te los)
Ses stappe om konflik op te los
1. Maak die aard van die konflik duidelik
2. Stel vas wat die gemeenskaplike doelwit / gewensde uitkoms vir die situasie is.
3. Bespreek hoe die doelwit/uitkoms bereik kan word.
4. Stel vas watter hindernisse bestaan.
5. Kom ooreen hoe die konflik opgelos moet word.
6. Gee erkenning aan die ooreenkoms en bepaal die rol wat elke party moet speel in die proses om ‘n oplossing te kry.
5 tipes Netwerkkommunikasie
- Vertikale Netwerk
- Kring Netwerk
- Ketting Netwerk
- Wiel-en-Speke Netwerk
- Ster Netwerk
Karaktereienskappe wat
organisasiekultuur bepaal
SISKGUM (7)
- Innovasie en aptyt vir risiko
- Gesteldheid op detail
- Uitkomsgeoriënteerdheid
- Mensgeoriënteerdheid
- Spangeoriënteerdheid
- Kompeterendheid
- Stabiliteit