Leereenheid 1.1:Die aard en ontwikkeling van kommunikasie Flashcards
Wat is kommunikasie?
Kommunikasie is ‘n proses
In hierdie proses is daar verskillende elemente wat ‘n rol speel.
Noem die 5 Elemente van Kommunikasie.
DIE SENDER
DIE BOODSKAP
DIE ONTVANGER
DIE KANAAL / MEDIUM
TERUGVOER / UITWERKING
Noem die 4 hoof Hindernisse.
SEMANTIESE GERAAS: Verskillende mense heg verskillende betekenisse aan dieselfde woorde.
PSIGOLOGIESE GERAAS: Psigologiese geraas verwys na die interne geraas wat ‘n ontvanger mag beleef teenoor die sender of die boodskap.
FISIOLOGIESE GERAAS: Fisiologiese geraas het te doen met fisiologiese gebreke wat dit moeilik maak om die boodskap tussen die sender en die ontvanger oor te dra.
FISIESE GERAAS: Fisiese geraas is voor die handliggend: Dit is harde musiek of die geraas van ‘n kettingsaag of die gejuig van die skare op Loftus of ‘n alarm wat afgaan.
Noem die 4 tipe Konteks in Kommunikasie:
FISIESE KONTEKS: die fisiese omgewing.
KULTURELE KONTEKS: Kulturele konteks verwys na die norme en reëls wat aanvaarbaar is in ‘n gegewe kultuur.
HISTORIESE KONTEKS: Historiese konteks verwys na die geskiedenis tussen die sender en die ontvanger.
PSIGOLOGIESE KONTEKS: Psigologiese konteks het te doen met die aard van die verhouding tussen sender en ontvanger.
Noem die 3 kommunikasiemodelle:
- Die Liniêre Kommunikasiemodel
- Die Interaktiewe Kommunikasiemodel en
- Die Transaksionele Kommunikasiemodel
Noem die 5 tipes kommunikasie:
INTRAPERSOONLIKE KOMMUNIKASIE: Dit is die gesprekke wat jy met jouself het in jou gedagtes of soms selfs hardop.
INTERPERSOONLIKE KOMMUNIKASIE: Dit is kommunikasie tussen twee of meer mense.
EKSTRAPERSOONLIKE KOMMUNIKASIE: Massakommunikasie is gewoonlik kommunikasie wat deur groot organisasies uitgestuur word na die wye publiek.
ORGANISASIE KOMMUNIKASIE: Dink aan besigheids eposse, interne memos, vergaderings, bemarking en advertensies, foonoproepe. Daar is legio manière waarop organisasies intern en ekstern kommunikeer.
MASSAKOMMUNIKASIE: Massakommunikasie is gewoonlik kommunikasie wat deur groot organisasies uitgestuur word na die wye publiek.
Noem die 2 tipes style kommunikasie in ‘n organisasie:
FORMELE KOMMUNIKASIE
INFORMELE KOMMUNIKASIE
Noem die 4 rigtings in formele kommunikasie:
Afwaartse kommunikasie:In die hiërargie van die organisasie, vloei kommunikasie van ‘n hoër vlak na ‘n laer vlak.
Opwaartse kommunikasie: Kommunikasie vloei van ‘n laer vlak na ‘n hoër vlak in die organisasie
Horisontale kommunikasie: Kommunikasie vloei tussen persone op dieselfde vlak van die organisasie
Diagonale kommunikasie: Kommunikasie vloei diagonaal wanneer die persone wat kommunikeer nie op dieselfde hiërargiese vlak is nie, maar ook nie direk bo of ondermekaar geplaas is nie.
Noem die 4 tipes komponente van kommunikasie:
Gesproke Komponent
Luister Komponent
Lees Komponent
Geskrewe Komponent
Devito se Vyf stappe van Luister:
- Ontvang die boodskap
- Probeer die boodskapverstaan
- Onthou die inhoud van die boodskap
- Kritiese evaluering en beoordeling
- Reageer op die boodskap
DeVito se aktiewe
luistervaardighede (3):
1.Parafraseer: Sê wat jy dink die betekenis van die boodskap is.
2.Wys dat jy verstaan hoe die spreker voel.
3.Vra vrae om beter begrip te bewerkstellig.
HINDERNISSE WAT EFFEKTIEWE KOMMUNIKASIE BELEMMER (6):
Fisiese Hindernisse
Psigologiese Hindernisse
Taal en Kulturele Hindernisse
Persepsies, Verwagtinge en Voordele Hindernisse
Tegnologiese Hindernisse
Strukturele Hindernisse