Kwt. 4 Flashcards
Noem die 5 verskillende maniere van vervoer:
^See en water vervoer
^Lugvervoer
^Padvervoer
^Spoorlynvervoer
^Pyplyne
Hoe het mense na ander lande gereis voordat vliegtuie gemaak was?
Per passasierskip
Waarvoor word skepe deesdae ontwerp?
Vir die vervoer van sekere ladings
Wat is ladings?
Goedere wat deur die oseaan of lug vervoer word
Hoe vervoer mense wat van een land na ‘n ander verhuis gewoonlik hul goedere (trek)?
Met skepe
Wat is houers (op skepe)?
Groot metaalbokse waarin goedere gepak word
Waar of vals:
Die houers op skepe, wat ontwerp is vir verskillende goedere, verminder breeksade
Daar is geen land wat riviere het wat groot genoeg is vir skepe om op te vaar nie.
Daar word kanale gebou wat bevaarbaar is deur skepe.
Waar
Vals
Waar
Hoekom is riviere nie baie betroubaar om op te vaar nie?
Dit kan oorstroom, water vlakke kan daal of die water kan vries in die winter.
Noem 4 eienskappe van lugvervoer
$ Dit het in die laaste dekades baie ontwikkel.
$ Vinnigste vorm van vervoer.
$ Gaan gepaard met hoë brandstofkostes.
$ Kan gebruik word om passasier asook ‘n vrag te vervoer, maar kan ook net ‘n beperkte aantal gewig dra.
Padvervoer is een van die ________________ vervoer ____________
Algemeenste vervoer metodes.
Waarom is padvervoer baie nuttig?
Aangesien passasiers en goedere direk van een plek na ‘n ander vervoer kan word.
Wat is nodig vir padvervoer om doeltreffend te wees?
Die land moet ‘n netwerk van goeie hoof- en sekondêre paaie hê, asook genoeg vulstasies waar padgebruikers brandstof kan koop.
Noem ‘n paar algemene padverbruikers
Motors, taxi’s, motorfietsryers, fietsryers, voetgangers, vragmotors en busse
Noem ‘n vb van spoorvervoer en waar hy loop/ry.
Die Gautrein, hy loop tussen Pretoria, Johannesburg en die OR Tambo lughawe.
Watter maatskappy bied ook pendeldienste aan in SA se hoofsentrums sodat werkers by die werk kan kom?
Metrorail
Watter dinge word deur pyplyne oor lang afstande vervoer?
Gas, petrol en olie.
Pyplyne word gewoonlik _______________ ___________.
Ondergronds gegrawe
Pyplyne kan _____ ‘n land loop of _________ lande.
Binne, tussen
Hoekom word daar beplan om gas tussen SA en Mosambiek te vervoer met ‘n pyplyding?
Omdat Mozambiek 3000 kubieke voet natuurlike gas het, maar geen mark daarvoor nie.
Wat is die jaarlikse aanvraag elektrisiteit van SA oor die westelike grens?
130 mm gigajoules
Hoe lank is die gaspyplyn wat van Mozambiek na SASOL (in Mpumalanga) opgerig is?
865 km.
Watter voordeel sal die nuwe gaspyplyn inhou?
Dit sal druk van dis padnetwerk afhou omdat brandstof nie per vragmotor vervoer word nie.
Wat word by diewye vervoernetwerk van SA ingesluit?
Hoofpaaie, Spoorweë, Lughawes en Hawens
Definieer landomringde
Ingesluit deur land met min of geen toegang tot hawens nie.
Definieer boei.
‘n Toestel wat geanker is en dryf
Definiier Ru-olie
‘n Gtondstof wat tot petroleum en produkte gemaak sal word.
Definieer houerhandel
Goedere wat in baie groot metaalkratte of houers gepak is, wat met die pad, trein en skip vervoer word.
Definieer loslading
Lading wat verpak is, maar nie in houers nie.
Stede op kaart is belangrik……
Noem 4 gespesialiseerde skepe wat gebruik word.
Houerskepe, Tenkskepe, Passasierskepe en Motorvoertuigskip
Noem die voor- en nadele van padvervoer
Voordele
* Dit is plooibaar en laat goedere deur tot deur afgelewer word, sonder dat die goedere by hawens en stasies opgelaai word.
* Alle stede en dorpe is verbind
* Dit kan klein goedere goedkoop en doeltreffend vervoer.
* Laat mense toe om van plek tot plek te beweeg om werk te soek.
Nadele
* Dit kan nie baie groot vragte goedere vervoer sonder om vragmotors te gebruik nie.
* Pad ongelukke is ‘n belangrike probleem in SA en kan groot verliese en ontwrigting aan pad vervoer veroorsaak.
* Kan deur kwessies soos swak weer en stakings geraak word.
* Vragmotors kos baie geld om te koop en te duurste in stand gehou word.
Noem die voor- en nadele van spoorvervoer.
Voordele
* Kan groot goedere vervier oor lang afstande, wat moeilik is vir padvervoer
* Is betroubaar, maar kan stadig wees.
* Veiligste vervoermiddel. Kanse op ongelukke is kleiner as ander vervoermiddels.
* Laat mense van plek tot plek beweeg (dalk om werk te soek)
* Kan verskillende hoeveelhede goed dra.
Nadele
* Dit is baie duur om ‘n spoornetwerk in die land te vestig.
* Dit is nie plooibaar nie. Die roetes en tyd kan nie verander word nie.
* Verbind dikwels net die hoofsentrums van die land, terwyl dit landelike gebiede sonder spoorvervoer laat.
* Dit is nie deur tot deur diens soos padvervoer nie.
* Instandhoudingskoste is baie hoog.