Kwartaal 2 Flashcards
Ekonomiese ontwikkeling
Die invoer van nuwe tegnologie, en die oorgang van landbougegrond ekonomie na nywerheidsgegronde ekonomie, asook algemeneverbetering in lewenstandaard.
Lewensverwagting
Die gemiddelde aantal jare wat ‘n persoon na verwagting sal leef
Wat is maatskaplike ontwikkeling
Ontwikkeling wat fokus op die welsyn van mense en hul maatskaplike boehoeftes soos toegang tot huisvesting, dienste, onderwys en gesondheidsorg, en hul vermoë om aktief aan die sameleweing en alles wT dit bied, deel te neem.
Waarvoor staan MOI en wat is dit?
Menslike ontwikkelingsindeks;
‘N nuwe manier om ontwikkeling te meet deur faktore soos lewensverwagting, onderwysvlak en per capita-inkomste saam te voeg
Per- capita-BNI is…
Gemiddeld inkomste van mense in ‘n land
Wat is volhoubare ontwikkeling
Ontwikkeling wat in die huidige behoeftes voorsien sonder om die vermoë van toekomstige geslagte te beïnvloed om in hulle eie behoeftes te voorsien.