Hoofstuk 2- Mengsels Flashcards
1
Q
Wat is ‘n mengsel
A
‘n Kombinasie tussen twee of meer suiwer stowwe, waar hierdie stowwe nie chemies verbind het nie
2
Q
Gee 3 eienskappe van ‘n mengsel
A
Stowwe in ‘n mengsel kan in enige verhouding gemeng word
Stowwe in ‘n mengsel behou hul afsonderlike eienskappe
Stowwe in ‘n mengsel kan deur meganiese metodes geskei word
3
Q
Onderskei tussen die twee tipes mengsels
A
Homogene mengsels- Mengsel waarvan die samestelling univorm is en die verskillende komponente van die mengsel nie onderskei kan word nie
Heterogene mengsel- Mengsel waarvan die samestelling nie univorm is nie en die verskillende komponente van die mengsel kan onderskei word