Hoofstuk 1 Flashcards
Watter musiekinstrument kan Barries bespeel?
Die kitaar.
Hoe lyk hierdie instrument?
Dis ‘n blouswart Gibson.
Wie is Barries se nooi/ meisie?
Lizette
Hoe lyk sy?
Lang, donker hare.
Wat is die “slowboat” wat Barries rook?
Dis ‘n daggasigaret . Groen van kleur. Net die kop van die plant word gebruik om die sigaret met papier te draai. Staan ook in Engels bekend as ‘n “joint”.
Wat is die stompie wat Barries in die koeldrankblikkie dooddruk?
Die laaste bruin gedeelte van ‘n sigaret wat oorbly, nadat dit gerook is.
Watter twee seunsvriende van Barries kuier ook in sy kamer?
Floris en Theo de Cock,twee broers.
Watter nuus deel Barries met sy vriende i.v.m sy pa?
Hy gaan sy pa vergiftig?
Hoe weet jy Barries se kamer is ‘n deurmekaarspul?
Vuil klere le oral op die vloer.
Watter “Kersgeskenk” het Barries in sy tas
Rottegif.
Hoekom wil Barries sy pa vergiftig?
Sy pa wou hom nooit gehad het nie.
Waarom wou Barries se pa hom as kind nie he nie?
Barries weet nie en wil hierdie inligting by sy pa he.
Wanneer sal Barries se pa vir hom die waarheid moet vertel?
As hy die gif gedrink het en krul van die pyn.
Wat is die plektrum waarmee Barries die kitaar tokkel?
‘n Klein driehoekvormige plaatjie om die snare van ‘n kitaar mee te tokkel.
Waarom gebruik die skrywer die woord “koggel” i.p.v. tokkel as Barries kitaar speel?
Dit beteken terg of tart. Die kitaarklanke terg/tart vir Barries.
Watter gewoonte het Floris wanneer hy senuweeagtig of ernstig is?
Hy knip sy oe vinng.
Waarom het Barries besluit om na sy pa toe te gaan.
Hy wil wraak neem deur sy pa te vergiftig.
Wat beteken dit om wraak te neem?
‘n Begeerte om jou te wreek. Om iemand te straf vir iets wat hy aan jou gedoen het.
Hoe weet jy Barries het geen gevoel vir sy pa oor nie?
Hy se dit sal nie skade wees as sy pa doodgaan nie.
Watter probleem het Floris met sy vel?
Hy het aknee. Pusies op sy wange en voorkop.
Hoekom sou Barries se pa as ‘n monster bestempel?
Sy pa het hom mishandel en wou hom nie he nie.
Wat beteken dit as Barries se: “Rotte sal altyd rotte bly.”?
As iemand ‘n vrot , slegte en bedorwe mens is, sal jy nie verander nie.
Hoekom is die klank so kliphard in Barries se kamer?
Hy het ‘n klankversterker en luidsprekers.
Watter spesiale dag is hierdie vir Barries?
Barries verjaar.
Gee ‘ beskrywing van Theo.
Hy is ‘n jaar ouer en aantrekliker as Floris.Sy gesig is bruingebrand en glad en sy bolyf is gespierd.