Graad 10 FW Flashcards
Foton
‘n Pakkie gekwantifiseerde energie
Transversale golf
‘n Golf waarvan die bewegingsrigting van die deeltjies in die medium loodreg is op die bewegingsrigting van die golf
Golflengte
Die afstand tussen twee opeenvolgende punte in fase
Bereken hoeveel lading oorgedra
∆Q = Qf - Qi
ONTHOU OM LADING TE SKRYF!!!
Golfgeaardheid van EMG
Kan weerkaatsing, breking en diffraksie ondergaan
Frekwensie
Die aantal golwe wat in 1 sek verby ‘n sekere punt in die ruimte beweeg
f = 1/T
f = aantal golwe/tyd
Periode
Die tyd wat dit een volledige golfpuls neem om by ‘n punt verby te beweeg
T=1/f
T= tyd/aantal golwe
Golfspoed
Die spoed van ‘n golf is die afstand wat ‘n punt op die gold per eenheidtyd beweeg
v=d/t
Deeltjiegeaardheid van EMG
Fotone kan elektrone uit ‘n metaal verwyder (foto-elektriese effek)
Bereken nuwe lading na aanraking
Q(nuut) = Q1 + Q2
. [2]
ONTHOU OM LADING TE SKRYF!!!
Energie direk eweredig en omgekeerd eweredig?
Direk: frekwensie
Omgekeerd: golflengte
Elektromagnetiese spektrum
Radiogolwe
Mikrogolwe
Infrarooi
Sigbare lig
UV
X-strale
Gamma strale
Bereken aantal elektrone oorgedra
Q = nqe-
Wet van behoud van lading
Die netto lading van ‘n geïsoleerde sisteem bly konstant
Valenselekrtron
Elektron in die buitenste energievlak van ‘n atoom
Isotoop
Elemente met dieselfde aantal protone, maar met verskillende aantal neutrone
Orbitaal
Die ruimte waar dit die waarskynlikste is om ‘n elektron aan te tref
Eerste ionisasie-energie
Die energie wat nodig is om die eerste elektron uit ‘n neutrale atoom in die gastoestand te verwyder
Elektronegatiwiteit
‘n Mate van die neiging van ‘n atoom om ‘n bindingspaar elektrone aan te trek
Reaktiwiteit algemene tendens (nie-metale)
Die reaktiwiteit neem toe van onder na bo op die PT, en van regs na links in ‘n periode
Reaktiwiteit algemene tendens (metale)
Neem toe van bo na onder en van regs na links in ‘n periode
Wat bepaal radius van atoom
Die sterkte van die aantrekkingskrag wat tussen die protone in die kern en die valenselektrone in die buitenste energievlak
(Groter radius beteken swakker aantrekkingskragte, want groter afstand)
Algemene tendens atoomradius
Neem af van links na regs en neem toe van bo na onder
Algemene tendens van IE
Neem toe van links na regs
Wat bepaal IE
- posisie op PT (grootte van kern)
- valenselektrone (laag wanneer min is, ongepaard, ver van kern [atoomradius])
Mol-konsep
Die behoud van atome in chemiese reaksies lei tot die beginsel van die behoud van materie en die vermoë om die massa van produkte en reaktante te bereken