Definisies Graad 10 - Fisika Flashcards
Foton
‘n Pakkie gekwantifiseerde energie
Transversale golf
‘n Golf waarvan die bewegingsrigting van die deeltjies in die medium loodreg is op die bewegingsrigting van die golf
Golflengte
Die afstand tussen twee opeenvolgende punte in fase
Frekwensie
Die aantal golwe wat in 1 sek verby ‘n sekere punt in die ruimte beweeg
f = 1/T
f = aantal golwe/tyd
Periode
Die tyd wat dit een volledige golfpuls neem om by ‘n punt verby te beweeg
T=1/f
T= tyd/aantal golwe
Golfspoed
Die spoed van ‘n golf is die afstand wat ‘n punt op die gold per eenheidtyd beweeg
v=d/t
Potensiaalverskil
Die werk gedoen per eenheid positiewe lading
V=W/Q
6 volt = 6 joule energie word per coulomb lading oorgedra
Stroom
Die tempo van die vloei van lading.
I=q/t
5A = 5C lading vloei deur die stroombaan in 1 sek.
Ohm se wet
Stroom deur ‘n geleier is direk eweredig aan die potensiaalverskil oor die geleier by konstante temperatuur.
Weerstand
‘n Materiaal se weerstand teen die vloei van elektriese stroom
EMK
Die totale energie verskaf per coulomb lading deur die sel
Drywing
Die tempo waarteen elektriese energie in ‘n stroombaan oorgedra word
(Bepaal helderheid)
Arbeid
Die hoeveelheid energie oorgedra