Golwe Klank En Lig Flashcards
Puls
‘n Enkele steurnis in a medium.
Transversale puls
‘n Puls waarin die deeltjies van die medium loodreg met rigting van beweging van die puls beweeg.
Amplitude
Die maksimum versteuring van ‘n deeltjie vanaf sy rus (ewewigs)
posisie.
Beginsel van superposisie
Die algebraiese som-van die amplitudes van twee pulse wat dieselfde ruimte teen dieselfde tyd beset.
Konstruktiewe interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die kruin van ‘n ander oorvleuel om ‘n puls te produseer met ‘n verhoogde amplitude.
Destruktiewe interferensie
die verskynsel waar die kruin van een puls met die trog van ‘n ander puls oorvleuel, wat ‘n puls met ‘n kieiner amplitude tot gevolg het.
Transversale golf
‘n Golf waarin die deeltjies van die medium loodreg vibreer met die bewegingsrigting van die golf. ‘n Transversale golf is ‘n opeenvolging van transversale pulse.
Golflengte
Die afstand tussen twee opeenvolgende punte in fase.
Frekwensie
Die aantal golfpulse per sekonde
Periode
Die tyd geneem vir een voltooide golfpuls.
Kruin
Hoogste punt (piek) van ‘n golf.
Trog
Laagste punt van ‘n golf.
Punte in fase
Twee punte in fase is geskei deur ‘n heelgetal veelvoud van voltooide golflengtes.
Punte uit fase
Punte wat nie geskei word deur ‘n heelgetal veelvoud van voltooide golflengtes nie
Golfspoed
Die afstand afgelê deur ‘n punt op ‘n golf per eenheid tyd
Longitudinale golf
n Golf waarin die deeltjies van die medium parallel met die rigting van beweging van die golf vibreer
Verdigting
n Streek van hoë druk in ‘n longitudinale golf.
Verdunning
‘n Streek van lae druk in ‘n longitudinale golf.
Klankgolwe
n Longitudinale golf geskep deur vibrasies in ‘n medium in die rigting van voortplanting. Die vibrasies veroorsaak ‘n gereelde variasie in druk in die medium.
Eggo
Refleksies van klankgolwe.
Toonhoogte
Die effek wat geproduseer word in die oor as gevolg van die klank van ‘n bepaalde frekwensie. Toonhoogte is direk eweredig aan frekwensie.
Hardheid van klank
n Subjektiewe term wat die sterkte van die oor se persepsie van ‘n klank beskryf.
Hardheid is direk eweredig aan
amplitude.
Ultraklank
Frekwensies hoër as 20 kHz tot ongeveer 100 kHz.
Dubbel geaardheid
van
elektromagnetiese
straling
Sommige aspekte van die gedrag van elektromagnetiese straling kan die beste beskryf word deur gebruik te maak van ‘n golf model en sekere aspekte deur gebruik te maak van ‘n deeltjie model.