Gasse Flashcards
Boyle se wet
Volume van ‘n ingeslote massa gas is omgekeerd eweredig aan die druk van die gas, mits temperatuur konstant bly
Charles se wet
Die volume van ‘n ingeslote massa gas is direk eweredig aan die temperatuur in Kelvin, mits die druk konstant bly
Gay-lussac se wet
Die druk van ‘n ingeslote massa gas is direk eweredig aan die temperatuur in Kelvin, mits die volume konstant is
Ideale gasse
Gasse wat die gaswette te alle tye gehoorsaam
Nie-ideale gasse
Gasse wat byna altyd die gaswette gehoorsaam behalwe onder matuge hoë druk, baie hoë druk en baie lae temperatuur
Eienskappe van ideale gasse
Molekule beslaan self geen volume
Geen kragte kom voor tussen molekule
Botsings is elasties
Deeltjies is almal identies
Eienskappe van nie-ideale gasse
Molekule beslaan self wel volume
Kragte kom voor tussen deeltjies
Botsings is onelasties
Deeltjies is nie almal identies nie
Afwyking gedurende Matige hoë druk
10 000 kPa - 50 000 kPa
Aantrekingskragte kom voor tussen deeltjies
Gasvolume is kleiner as voorspel vir ‘n ideale gas
Afwyking by baie hoë druk
50 000+ kPa
Afstotingskragte kom voor tussen deeltjies
Deeltjies beslaan self ook volume
Gasvolume is groter as voorspel by ‘n ideale gas
Afwyking by lae temperatuur
0 K
Aantrekkingskragte kom voor tussen deeltjies, sodat gas vervloei
Druk is kleiner as voorspel
Deeltjies beslaan self ook volume
Gasvolume is groter as voorspel by ‘n ideale gas