Ekologiese rol van bakterieë Flashcards
Sekere bakterieë veroorsaak voedselverderf. Watter bakterieë veroorsaak dit?
Saprotrofiese bakterieë
Waardeur word saprotrofiese bakterieë versprei?
Vuil hande
Halfgaar kos
Ongesuiwerde water
Vektore soos vlieë en kakkerlakke
Wat is ‘n voorbeeld van saprotrofiese bakterieë?
Salmonella
Tot wat verrot saprotrofiese bakterieë dooie organiese materiaal?
Minerale
Wie het pasteurisasie ontwerp?
Louis Pasteur
Tot hoeveel grade celsius word die melk verhit om die bakterieë dood te maak?
Plus minus 65
Wat is die doel van pasteurisasie?
Om voedsel langer vars te hou
Waarom word die voedsel suur/verderf na ‘n paar dae?
Omdat bakterieë uit die lug weer die kos besmet en bederf veroorsaak.
Deur watter proses vind proteien koagulering plaas en word asynsuur gevorm?
Deur fermentasie
Voordat proteiene koaguleer vind daar ‘n proses plaas. Beskryf die proses.
Die laktose in melk word deur die bakterieë gebruik om melksuur te vorm, waarna die proteiene koaguleer
Vir die produksie van watter produkte word proteien koagulering gebruik?
Vir die vervaardiging van: Joghurt Kaas Dikmelk Botter
Voordat asynsuur gevorm word, vind daar ‘n proses plaas. Beskryf die proses.
Die suiker in wyn word gebruik deur die bakterieë om asynsuur te vorm vir die vervaardiging van asyn
Wat is mutualisme?
Saamleefverhouding russen twee organismes tot voordeel van beide
Daar kom bakterieë in rumen van herbivore voor. Waarom kom daar bakterieë in die rumen voor?
Omdat sellulose onverteerbaar is, kom daar bakterieë voor wat sellulose afbreek tot glukose. Glukose dan gebruik vir respirasie.
Wat is die voordeel van die verhouding vir die rumen bakterieë?
Die bakterieë kry voedsel en ‘n woonplek in ruil vir vertering van sellulose
Watter bakterieë kom in die mens se dikderm voor?
Escherichia coli (E.coli)
Wat is E.coli se funksie?
Breek onverteerde reste af tot ‘n vorm wat ontlas kan word
Wat vervaardig die E.coli bakterieë?
Vervaardig vitamiene B en K
Wat is die voordeel van die verhouding vir die E.coli bakterieë?
Kry voedsel en woonplek in ruil vir vertering
Waar kom die Rhizobium bakterieë voor?
Op die wortels van peulpante
Wat is voorbeelde van peulplante?
Ertjies
Boontjies
Lupiene
Klawer
Wat is die funksie van die Rhizobium bakterieë?
Verbind vry stikstof tot nitrate
Wat gebeur nadat die stikstof deur die nitrate geabsorbeer is?
Dit los in die grondwater op en die plantwortels absorbeer dit dan
Waarvoor gebruik plante stikstof?
Om proteiene te vervaardig