Ekologiese belang van fungi Flashcards
Wat is die rol van saprotrofiese fungi in voedselkettings?
Hulle is ontbinders
Wat breek saprotrofiese fungi af?
Dooie plante en diere tot humus
Wat gebeur met die humus wat deur saprotrofiese fungi gevorm is?
Word afgebreek tot mineraalsoute wat oplos in grondwater
Wat is mikorisas?
Swamme wat op die wortels van veral bome groei
In ruil vir wat help die mikorisas die boom om water te absorbeer?
In ruil vir voedsel en habitat
Wat is die werking tussen mikorisas en bome ‘n voorbeeld van?
Simbiose, mutualisme
Wat is ligene?
Swamme en alge wat saamleef
Wat is ligene ‘n voorbeeld van?
Simbiose, mutualisme
Wat voorsien die swam aan die alg?
Habitat en vogtigheid
Wat is die rol van die alg in verhouding?
Vervaardig voedsel
Waarvoor is ligene uiters sensitief?
Lugbesoedeling
Wat is ‘n sekondêre funksie van die ligeen in terme van plantegroei?
Versamel stof, humus en water wat as ‘n groeimedium dien vir klein plantjies
Wat is voorbeelde ligene?
“Old man’s beard” in woude
Blaaragtige groeisels op boomtakke
Korse op klippe en rotse
Wat gebeur as ligene sterf?
As ligene sterf en ontbind, stel dit sure vry wat rotse chemies erodeer om grond te vorm