EBW KW1 Flashcards
Noem 4 eienskappe van `n Moderne Samelewing?
1, munstukke
2, note
3, debiet- en kredietkaarte
4, internet betalings
wAT IS GELD?
ENIGE IETS WAT MENSE AS BETALING SAL AANVAAR VIR GOEDER EN DIENSTE
Wat is `n moderne samelewing?
Waar gemeenskappe gebuik maak van bv die internet bankdienste om vir goedere en dienste te betaal
Wat is ‘n tradisionele samelewing?
n gemeenskap waar basiese metodes en bestaansaktiwiteit gebruik word om vir goedere dienste te bekom. Daar is
n gebrek aan tegnologie.
Noem 3 eienskappe van `n Tradisionele Samelewing?
Selfonderhoudende mense,
wat jag en kos veramel
Wat is ruilhandel?
> om produkte te ruil (iets vir iets) sonder om geld te gebruik.
jy kan ook dienste ruil vir produkte
Wat is `n Land se ekonomie
Die geld wat uitgegee word op goedere en dienste wat mense maak en gebruik
wat is `n ge-indus-tri-ali-seerde samelewing?
`n Samelewing wat tegnologie gebruik om goedere te produseer soos fabrieke
Wat is `n gespesialiseerde samelewing?
`n samelewing wat staatmaak om mense met verskillende vaardighede om dienste te lewer en goedere te produseer wat hul nie self kan doen nie.
Waarom was “vertroue” ‘n belangrike deel van Ruilhandel?
- mense wat goedere ruil praat nie altyd dieselfde taal nie op die handelsroetes nie.
- goed is agter gelaat op ‘n spesifieke plek soos vooraf ooreengekom om geruil te word vir iets anders = stille ruilhandel.
- hulle ruil goedere uit sonder om ‘n woord te sê of mekaar te sien.
Wat is kommoditeite?
> artikels wat mense ruil vir iets anders word kommoditeite genoem.
Wat gebeur tydens “stille handel”?
> een party los sy kommoditeit (sout) op n spesifieke plek en die ander party kom haal dit daar en laat sy eie kommoditeit agter.
die ruiltransaksie is afgehandel sonder dat
n woord gewissel was.
Vertroue is dus BAIE belangrik.
> want mense op die handel roetes het nie dieselfde taal gepraat nie.
en hierdie ruilhandel was stille ruilhandel genoem
Wat is “Promesse “ ?
n Skuldbewys
1)
n private weergawe van n bank lening.
2) Dit is
n nota wat deur kopers (leners) uitgereik word aan verkopers (uitleners) om te verklaar dat die persoon geld geleen het by n privaat individu wat nie 'n bank is nie.
3) Die notas is wetlik bindend en belowe om onvoorwaardelik die geld terug te betaal op
n spesifieke tyd.
Hoekom was promesses nuttig ?
Nuttig omdat handelaar dit kon saamneem op lang handelsroetes eerder as sakke munstukke wat swaar was en veilig gehou moes word.
Watter oplossing het die mense gevind om ruilhandel te verbeter?
Al die nadele van ruilhandel het veroorsaak dat Geld soos
muntstukke en papiergeld ontwikkel is.
Watter betaalmiddel is na muntstukke ontwerp?
Papiergeld / banknote
Hoekom is papiergeld as betaalmiddel ontwikkel?
Papier geld was meer prakties, omdat munstukke te swaar was en moeilik om dit saam te dra op lang handelsroetes
Wat is betaalmiddel?
- ‘n medium vir ruiltransakies.
- dit verteenwoordig of staan vir goedere
Hoekom is muntstukke as ‘n betaalmiddel gebruik?
- Dit was van metaal soos goud, silwer
- dit het waarde gehad
- dit het lank gehou
- dit was gestempel om aan te dui dat dit die regte gewig en waarde gehad het.
Verduidelik wat is elektroniese bankwese?
- dit is die jongste ontwikkeling in die geskiedenis van geld.
- dit behels die gebruik van:
Internet
OTM’s
selfone
krediet en debietkaarte - As jy op hierdie manier handel doen kan jy geld rondskuif sonder om daaraan te raak en is `n veiliger manier om met geld te werk.
Noem ‘n voordeel en nadeel van elektroniese bankwese.
(+) dit is meer prakties en ‘n veilige manier om geld te hanteer sonder om daaraan te raak kan jy dit rondskuif en jy hoef dit nie op jou te dra nie.
(-) Bedrog kan plaasvind.
Wat beteken dit as iemand se dat papiergeld verteenwoordigend is?
Dit is die geld soos papiergeld, wat jy in die bank het. Die geld in die bank verteenwoordig jou rykdom. Die geld self is niks werd nie, maar dit verteenwoordig die rykdom in die bank.
Die geld wat mense vir hul werk verdien het, verteenwoordig die werk wat hul gedoen het.
Wat is die rol van geld?
Geld is `n:
ruilmiddel
verrekeningseenheid
standaard maatstaf
waardedraer
geld behou sy waarde oor tyd
jy hoef dit nie onmiddelik te spandeer nie = spaar.
Wat is `n verbuikers ekonomie?
Dit is `n ekonomie waar die verbuikers aangemoedig word deur besighede om soveel moontlik geld te bestee om hul goedere te koop.
Hoekom is ‘n verbruikers ekonomie nie altyd positief nie?
Want hoe meer verbruikers goed koop, hoe meer moet daar goed vervaardig word. Natuurlike hulpbronne word uitgeput met vervaardiging van goedere
Wat is verbruikersbesteding?
Verbruikersbesteding is die geld wat huishoudings spandeer op aankope van verbruikersgoedere wat vir die massamark geproduseer word.
Gee 3 voorbeelde waar verbruikers ekonomie `n negatiewe uitwerking op die omgwing het en onvolhoubaar is.
soos met Motors
- hoe meer motors gemaak word, hoe meer petrol is nodig
- Hoe meer motors vervaardig word, hoe meer besoedeling
- hoe meer motors vervaardig word, hoe meer word ons natuurlike hulpbronne uitgeput wat onvervangbaar is.
of bome vir meubels en papier
1. hoe meer papier gemaak word, hoe meer bome word uitgekap
2. hoe meer papier gemaak word, hoe minder bome vir suurstof
3. meer bome uitgekap word as wat dit vervang word, hoe minder spesies oorleef.
Wat is `n behoefte?
(wat ook Primêre / Basiese behoeftes genoem word)
Die goed waarsonder n mens nie kan oorleef nie: water, kos en skuiling.
Dit is die fisiese en veiligheidsbehoeftes wat
n mens nodig het om te kan oorleef.
Wat is `n begeerte?
(wat ook Sekondêre Behoeftes genoem word)
Die goed wat mense graag wil hê, maar wat nie nodig het nie: nuwe motor, uiteet, duur skoene ens. Ons oorlewing is dus nie daarvan afhanklik nie.
Wat is die verskil tussen behoeftes en begeertes?
‘n mens kan oorleef sonder die goed wat jy begeer (sekondêre behoeftes), maar ‘n mens kan nie oorleef sonder die goed wat jy nodig het nie (primêre behoeftes)
As mense se basiese behoeftes bevredig is kan hul fokus op hul sekondêre behoeftes
Hoekom het ons sekondêre behoeftes / begeertes ?
omdat ons, ons potensiaal wil bereik
want
ons konstante behoeftes en begeertes dryf ons om te presteer =
wil meer geld verdien om meer goed daarmee te kan doen.
Gee voorbeelde van Primêre en Sekondêre behoeftes?
(P): Fisiese en Veligheidsbehoeftes soos kos, water, skuiling en rus
(S): Studeer hard en verbeter jouself, verdien baie geld en koop luukse items soos ‘n nuwe kar en gaan op reis.
Wat is die ekonomiese probleem oor die wêreld heen?
Ons het net n beperkte hoeveelheid hulpbronne wat beskikbaar is om mense se onbeperkte behoeftes en begeetes te kan voorsien
verduidelik watter hulpbronne is beperk in die ekonomiese probleem?
Arbeid: is die vermoë van ‘n land se mense om te kan werk.
Kapitaal: is die geld wat `n land het om goed te kan goedere en dienste
te kan vervaardig.
Natuurlike Hulbronne: soos olie, hout, steenkool en metale soos goud.
Wat is arbeid?
Die vermoë van n land se mens om te kan werk.
Wat is kapitaal?
Die geld wat ‘n land het
om goedere en dienste
te produseer.
Wat is produksie faktore?
Die insette wat gebruik word om goedere en dienste te kan produseer.
Soos: arbeid, kapitaal, grond en entrepreneurskap.
Verduidelik die skakel tussen die primêre- en sekondêre behoeftes en die ekonomiese probleem?
as die land beperkte produksie faktore het (arbeid, kapitaal, grond en entrep.)
moet hul mooi besluit hoe hul dit gaan gebruik en wat hul daarmee gaan produseer om die land en sy burgers se behoeftes die beste te bevredig
soos
`n arm land wat nie genoeg kos het om sy mense te voed nie, sal nie die produksiefaktore kan gebuik om fabrieke te bou en luukse items vervaardig nie, want basiese behoeftes moet eerste bevredig word.
Watter besighede kom voor ‘n arm lande?
Arm lande se geld kom meestal van die Primêre sektor.
Noem die 3 lae van die ekonomie of die 3 besigheidsektore?
Primêr- (natuurlike hulpbronne) soos landbou / plase
Sekondêr- (fabrieke) soos skeepswerf
Tersiêre - sektore (besighede) soos skole en klerewinkels
Verduidelik die verhouding tussen die 3 besigheid sektore?
Die Tersiêre sektor het die produkte van die primêre sektor nodig, want die tersiêre sektor gebruik die goedere wat in die sekondêre sektor vervaardig word. AS een van die sektore in duie stort kan die ander twee nie funksioneer nie.
Wat is die verskil tussen goedere en dienste?
goedere is produkte wat ‘n mens kan sien en aanraak en wat vervaardig word
Dienste is werk wat mense doen vir ander mense om geld te kan kry.
Wat is die verskil tussen produsente en verbruikers?
Produsente is mense wat die hulpbronne gebruik om goedere te maak of dienste te lewer
Verbruikers is die mense wat die goedere koop of die dienste gebruik.
Wie word die basiese eenheid van ekonomiese produksie en verbruik genoem?
Huishoudings.
Verduidelik waarom houshoudings die basiese eenheid van produksie en verbruik gebruik genoem word.
- huishoudings koop en verbruik
goedere en dienste - hulle produseer ook goedere en dienste deur hul arbeid te verkoop vir geld.
Wat beteken dit dat huishoudings al produksie faktore besit?
- hulle verbuik die goedere wat besighede produseer.
- Hulle verkoop ook hul arbeid aan besighede sodat besighede dit kan gebruik om goedere kan maak en verkoop.
Wat noem ons die goedere wat deur huishoudings verbruik word?
verbruikersgoedere
wat is verbruikersgoedere?
- Die meeste goedere wat alle mense wil hê, gebuik en kan bekostig.
- Dit is die produkte wat besighede vir die massamark vervaardig
Verduidelik hergebruik en herwin om behoeftes en begeertes te bevredig?
Vervaardigers gebruik natuurlik hulpbronne om goedere te vervaardig, maar die hulpbronne kan nie hergebruik of vervang word nie, as dit op is, is dit op soos steenkool.
Plastiek kom van die natuurlike hulpbron olie. Ons kan plastiek items herwin om daarvan plastiek sakke of bottels te maak, maar dit kan ook besoedeling veroorsaak as ons nie herwin nie. Dit skep tonne afval en kweekhuis gasse word vrygestel in die vervaardiging van produkte.
Gee voorbeelde van hoe verbruikers kan herwin en hergebruik?
Herwin: ou plastiek bottels kan herwin word om sakke van te maak
Hergebuik:
1. stukkende items kan herstel word eerder as om dit weg te gooi
2. ou goed kan vir mense gegee word wat dit nog benodig, wanneer jy dit nie meer wil hê nie.
3. koop tweedehaans eerder as nuut, dit is goedkoper en spaar die natuurlike hulpbronne
wat is die verskil tussen ‘n ontwikkelende land en `n ontwikkelde land?
die land is Ontwikkelend: nog besig om te ontwikkel aan die nywerhede en ekonomie van ‘n land met lae gemiddelde inkomste burgers en lae lewenstandaard.
Meeste Afrika-lande (Ghana, SA, Nigerië)
n land is ontwikkeld:
n land is geindustrialiseer en tegnologies met hoë gemiddelde inkomste burgers en hoë lewenstandaard.
VSA
KANADA
WES-EUROPA
Geen ‘n ander naam vir Ontwikkelende lande soos meeste Afrika lande?
Derdewêreldlande genoem
Wat is die verskil tussen formele en informele besighede?
Formele besighede betaal belasting en word gereguleer deur die regering
Informele besighede betaal nie belasting nie en word nie gereguleer deur die regering nie.
Noem die voordele en nadele van Formele besighede.
Voordele:
1. hullle het toegang tot groter markte
2 hulle het toegang tot meer krediet
3 hulle het toegang tot regsondersteuning
4, hulle skep werk
Nadele:
1. hulle is duur om te begin
2 dit is duur om te bedryf
3 hulle moet belasting betaal
soos: banke, skole, mall’s en restaurante
Noem die voordele en nadele van informele besighede.
Voordele:
1 goedkoop om te begin
2 goedkoop om te bedryf
3 hulle betaal nie belasting nie
Nadele:
1. hulle dra nie by tot die bestuur van die land nie, want hul
betaal nie belasting nie
2, Besighede word nie gereguleer nie, daarom gevaarlik en onwettig
soos: straatverkopers, blomme- en vrugteverkopers
Noem die verskil tussen:
Handels- , vervaardiging en dienondernemings?
> Handels beisighede wat geld maak
uit die verkoop van goed
soos: kos, klere en juwele
Besighede wat geld maak
uit die vervaardiging van goed
soos: meubel- en motorvervaardigers
besighede wat geld maak
uit die verkoop van dienste
soos: dokters, skoonmaak, rekenaarherstel
Watter natuurampe het ‘n invloed op eninge soort besigheid en hoe?
droogte, aardbewing, vloed, tornado
deurdat niemand `n inkomste kan verdien tydens ‘n ramp nie, dit duur is om te herbou daarna, niemand besoek rampgebiede nie en dit maak als dat die ekonomie nie groei nie.
Watter gesondheidspandemie het ‘n invloed op eninge soort besigheid en hoe?
VIGS / MIV en Covid 19
deurdat eienaars nie kan werk nie omdat hul of self siek is of moet iemand versorg, produktiwiteit by die werk neem af en daar is nie genoeg inkomste oor na al die mediese uitgawes betaal is nie, hulle het nie genoeg geld oor vir basiese behoeftes soos eet nie.