DNS/RNS - Die Kode van Lewe. Flashcards
Sitoplasma.
Oragnelle word gesuspendeer binne die sitoplama.
Party dele is in n vloeibare toestand terwyl ander jellyagtig is.
Funksie: stoor stowwe en laat metaboliese reaksies plaasvind.
Ribosome.
Ribosome is klein ronde strukture wat in plant- en dierselle voorkom.
Hulle word op die endoplasmiese retikulum aangetref of is vrydrywend in die sitoplasma.
Ribosome bestaan uit RNS en proteiene.
Funksie: dit is die plek waar proteiensintese plaasvind.
Selkern.
Die nukleus bestaan uit n dubbele kernmembraan met poriee wat dit moontlik maak vir selle om in en uit te beweeg.
Die nukluolus bestaan uit DNS en vervaardig proteiene en ribosome.
Die chromatien netwerk verkort en verdik om sodoende chromosome te vorm tydens seldeling.
Die nukleus beheer die aktiwiteite van die sel.
Die chromosome dra genetiese materiaal.
Chromosome.
Chromosome bestaan uit DNS wat rondom proteiene gedraai is.
Dit vorm strukture naamlik gene.
Gene.
Dit is n kort gedeelte van DNS wat vorm en die draers is van oorerflike eienskappe.
Dit is funksionele eenhede en dra eienskappe van geslag tot geslag oor.
1865: Gregor Mendel bevind dat elke eienskap deur n geen beheer word.
1952: Wilkins en Franklin die DNS struktuur deur X-straal ondersoek.
1953: wys Wilkins foto vir Watson en Crick.
hulle stel die DNS dubbele heliks voor.
1962: Watson en Crick ontvang die nobelprys.
Funksies van DNS.
Gedeeltes van DNS vorm gene wat die draers is vir oorerflike eienskappe.
Dit bevat gekodeerde inligting oor proteiensintese.
DNS-replisering.
DNs replisering verwys na die proses waartydens die DNS-molekule n presiese kopie van homself maak.
Dit vind plaas tydens interfase van seldeling.
Die belangrikheid van DNS-replisering:
dit verdubbel die genetiese materiaal sodat elke sel dieselfde hoeveelheid DNS ontvang tydens seldeling.
Dit lei tot die vorming van identiese dogterselle tydens mitose.
DNS-repliseringssiklus.
- die dubbele heliks draai af.
- swak waterstofbindings tussen stikstofbasisse breek en die stringe rits lots.
- die DNS stringe dien as template.
- vrye nukleotiede in die nukleoplasma vorm komplimentere stringe bo die oorspronklike stringe.
- vorm twee identiese DNS-molekules wat beide n komplimentere en oorspronlike string het.
DNS-profilering.
Dit kan beskryf word as die rangskikking van swart stawe wat die DNS-fragmente van n persoon aandui.
Gebruike van n DNS-profiel:
bewys van vaderskap
kriminele op te spoor
dooie weses uit te ken
vermiste persone op te spoor.
b-RNS.
Word in die selkern gevorm en funsioneer by die ribosoom.
enkele string.
opgebou in die kernplasma van DNA as n templaat.
3 basisse = kodon
bring die kode vir die opbou van proteiene.
o-RNS.
Word in die sitoplasma aangetref.
enkele string.
opgebou in die kernplasma.
3 basisse = antikodon
tel aminosure op en neem dit na die ribosome.
Proteïensintese.
Dit is die proses waartydens proteïene soos ensieme en hoemone geproduseer word.
DNS dra die genetiese kode vir die volgorde van die b-RNS en die Aminosure.
Vind in twee stappe plaas:
Transkripsie
Translasie
Transkripsie
Dit is die opbou van b-RNS vanaf die DNS-templaat om die kode vir proteïensintese te kopieer
- die dubbele heliks draai af,die waterstofbindingbreek en twee aparte stringe vorm.
- een string dien as ń templaat vir b-RNS. vrye nukleotiede word gebruik. die b-RNS is n kompliment van die DNS.
- b-RNS bevat nou die gekodeerde kode vir proteïensintese. b-RNS beweeg vanaf die selkern tot in die sitoplasma en heg aan die ribosoom.
Translasie.
Verwerking van die kode wat by b-RNS opgesluit is tot n aminosuur volgorde wat n bepaalde proteien vorm.
- elke o-RNS dra n spesifieke aminosuur. die antikodon van die o-RNS pas by die kodon van die b-RNS.
2.o-RNS bring die aminosuur wat benodig word tot by die ribosoom.
- Aminosure word aan mekaar gebind deur peptiedbindings om die proteien te vorm.