Definisies Flashcards
Wat is ‘n advertensie?
Advertensies vertel mense oor ‘n produk sodat hulle dit kan koop
Wat beteken gesteriliseer?
Voedsel word gesteriliseer wanneer al die mikro-organismes doodgemaak is, óf deur hitte óf deur koue
Wat is ontwaterde voedsel?
Gedehidreerde voedsel is voedsel soos poeiermelk, biltong, pasta of rosyne wat gedroog is
Gee die definisie van paaiemente
Dis die geld wat jy elke maand afbetaal totdat jy die volle bedrag van iets wat jy gekoop het, betaal het
Gee die definisie van Riffels
Riffels is sigsagvoue wat jy op papier kan maak, of soos jy in sinkdakke kry
Gee ‘n definisie van selle
Selle stoor krag. Selle is ‘n ander woord vir batterye.
Wat is ‘n skakelhefboom?
Dit is ‘n meganisme waar ‘n klomp hefbome verbind word om beweging te veroorsaak
Gee ‘n definisie vir insetbeweging
Insetbeweging is wat jy in ‘n proses sit om iets anders uit te kry
Wat is ‘n toestel
‘n Toestel werk met elektrisiteit en maak die lewe makliker, of verskaf vermaak
Definieer volt
Ons meet elektrisiteit in volt
Wat is ‘n vloeidiagram
‘n Vloeidiagram is ‘n reeks tekeninge wat elke stap in ‘n proses toon
Wat is die definisie van battery
‘n Battery stoor krag. Batterye word ook selle genoem
Verduidelik wat ‘n beperking is
Dis ‘n instruksie in ‘n ontwerpopdrag wat vir jou sê wat die perke is, of wat jy nie mag doen om ‘n probleem op te los nie
Verduidelik wat ‘n ontwerp is
Dit is ‘n tekening wat wys watter besluite geneem moet word oor hoe iets gemaak gaan word. Jy maak ‘n ontwerpstekening om ‘n oplossing vir ‘n probleem te beplan
Wat is ‘n meganiese stelsel
‘n Meganiese stelsel is ‘n stelsel wat iets laat beweeg deur meganismes soos wiele, asse, spilpunte, hefbome en skakelings te gebruik
Noem twee maniere wat gebruik kan word om voedel te steriliseer
Hitte OF koue
Gee ‘n voorbeeld van gesteriliseerde voedsel
Mens sit konfyt in ‘n gesteriliseerde fles sodat daar geen mikro-organismes in die fles is wat die konfyt kan laat bederf nie
Gee ‘n voorbeeld van ‘n skakelhefboom
‘n Veiligheidshek wat oopvou, werk met skakelings
Wat is ‘n ander naam vir ontwaterde voedsel
Gedehidreerde voedsel
Waar kry mens riffels?
Op papier of sinkdakke
Noem 2 voorbeelde van toestelle
Wasmasjien en hoëtroustel
Wat noem mens die sigsagvoue wat jy op paier kan maak?
Riffels
Waarvoor gebruik ons toestelle?
Om die lewe makliker te maak, of om vermaak te verskaf
Gee ‘n voorbeeld van ‘n vloeidiagram
Die proses van hoe vrugte van bome geoluk word en uiteindelik in ‘n blikkie of fles beland, kan in ‘n vloeidiagram getoon word
Noem drie voorbeelde waar batterye dikwels in plaas van elektrisiteit, gebruik word
flitsligte, radio’s en motors
Wat maak mens om ‘n oplossing vir ‘n probleem te beplan?
‘n Ontwerpstekening