Elektries (inset, proses, uitset) Flashcards
Wat is die inset van toestelle (radio)?
Energie van die taxi se battery kom in
Wat is die proses van toestelle (radio)?
Die radio verwerk die energie.
Wat is die uitset van toestelle (radio)?
Klank kom uit
Wat is die inset van tradisionele stelsels (parrafienverwarmer)?
Chemiese energie in die parrafien word in die verwarmer gegooi.
Wat is die proses van tradisionele stelsels (parrafienverwarmer)?
Die chemiese energie verander na hitte-energie
Wat is die uitset van tradisionele stelsels (parrafienverwarmer)?
Hitte-energie kom uit
Wat is die inset, uitset en proses van ‘n arbeidsbesparende stelsel (ketel) ?
Inset: Energie uit elektrisiteit kom in
Proses: Die elektrisiteit word omgeskakel na hitte
Uitset: Die ketel kook en voorsien warm water
Noem 3 voorbeelde van arbeidsbesparende stelsels
Ketel
Televisie
Stofsuier
Wat is ‘n geleier?
Die drade waardeur elektrisiteit vanaf die kragstasie na ons huise beweeg word geleiers genoem.
In watter rigting beweeg volt?
Elektrisiteit beweeg altyd van hoë na lae volt
Wat is arbeidsbesparende tegnologie?
Wanneer ons toestelle gebruik wat tyd en werk bespaar.
Wat is ‘n ander naam vir ‘n Imbawula?
‘n Houtstoof.
Wat is die inset, uitset en proses om winkel toe te kan loop?
Inset: Energie uit voedsel kom in
Proses: Die liggaam verwerk die energie
Uitset: Jou bene beweeg sodat jy kan loop
Wat is die inset, uitset en proses van ‘n toestel (radio) in ‘n taxi?
Inset: Energie van die taxi se battery kom in
Proses: Die radio verwerk die energie
Uitset: Klank kom uit
Noem 4 tradisionele stelsels
Paraffienverwarmer
Houtstoof (imbawula)
Olielamp
Primusstoof (om strykyster warm te maak)