Bl. 90 - 94 Eenheid 2 Chemiese reaksies Flashcards
Wanneer word wetenskaplike modelle/gedagtebeelde gebruik?
Wanneer ‘n voorwerp og proses te klein, te groot of te ingewikkeld is vir wetenskaplikes om maklik waar te neem en te ondersoek. Die heelal is byvoorbeeld tr groot om ‘n begrip daarvan te vorm en atome is te klein om te sien.
Waar of onwaar
Tee maak mense senuweeagtig a.g.v. die suiker.
Onwaar, die teewater self veroorsaak dit.
Waar of vals
Ons kan reaksies tussen atome ondersoek deur daarna te kyk.
vals
Hoe verdudelik mens hoe ‘n atoom en sy chemiese reaksies lyk?
d.m.v. ‘n atoommodel
Ons gebruik die ___________ vir elemente om chemiese vergelykings neer te skryf.
simbole
Wat verteenwoordig die volgende komponente in ‘n atoommodel:
Balletjies-
lyne wat die balletjies verbind-
Balletjies wat aanmekaar raak -
Die molekule van stowwe/verskillende atome word met balletjies aangetoon.
Die lyne of balletjies wat aan mekaar raak verteenwoordig chemiese bindings.
Waarvoor word chemiese vergelykings gebruik?
om chemiese veranderinge aan te dui.
Hoe kan woordvergelykings in chemiese vergelykings omgesit word?
deur die simbole van elemente en die formules vir verbindings te gebruik.
Wat is een van die grootste reëls van chemiese vergelykings?
Daar moet dieselfde aantal atome/simbole aan die linkerkant en die regterkant van ‘n vergelyking wees.
Gee die chemiese vergelyking vir water
2H2 + O2->2H2O
d.w.s 4 H atome + 2 O atome -> 4 H-atome + 2 O-atome
Wat dui die getal wat:
^as onderskrif verskyn,
^ aan die voorkant van die verbindings verskyn
aan?
Die getal wat as onderskrif verskyn, dui die aantal atome van die element aan wat in die formule voorkom.
Die getalle aan die voorkant van die verbindings toon die verhouding waarin elke molekule reageer. (Bv. Twee molekules waterstof reageer met een molekuul suurstof om water te vorm. DUs is die verhouding van waterstof tot suurstof 2:1)
Gee die chemiese vergelyking vir die vorming van koolstofdioksied
C + O2 -> CO2
Waar of vals:
Geen atome gaan tydens chemiese resksies verlore of word bygekry nie, die atome word slegs herrangskik. Die aantal atome word behou maar nie die aantal molekules nie.
waar
Skryf die woordvergelyking, chemiese vergelyking, aantal atome en gebalanseerde chemiese vergelyking vir die volgende neer:
1. Magnesium brand in suurstof om ‘n wit poeier wat magnesiumokdied is te vorm.
2. Koper reageer baie stadig met suurstof om swart koperoksied te vorm.
3. Yster reageer met suurstof om ‘n bruin roeskleurige laag te vorm.
- Woordvergelyking: magnesium+suurstof -> magnesiumoksied
Chemiese vergelyking: Mg + O2 => MgO
Gebalanseerde chemiese vergelyking: 2Mg + O2 => 2MgO
Aantal atome voor balansering: 1Mg + 2O => 1Mg1O - Woordvergelyking: Koper + Suurstof => Koperoksied
Chemiese vergelyking: Cu + O2 => CuO
Gebalanseerde chemiese vergelyking: 2Cu + O2 => 2CuO
Aantal atome voor balansering: 1Cu + 2O => 1Cu1O - Woordvergelyking: yster + suurstof => ysteroksied
Chemiese vergelyking: Fe + O2 => Fe2O3
Gebalanseerde chemiese vergelyking: 4Fe + 3O2 => 2Fe2O3