Bl. 7 - 11 Flashcards
Hoekom was daar haat teenoor die Jode?
In 1938 gaan ‘n joodse, 16-jarige seun en skiet die Duitse ambasadeur. Joseph Goebeels, Hitlers se minister van propoganda, het die geleentheid aangegryp om die Jode te beskuldig dat hulle die Duitsers wil uitmoor
Wat propoganda?
Dit is inligting/ plakate/ toesprake wat deur ‘n organisasie of regering versprei word om hul siening te bevorder. Dit kan soms mense mislei en hul oorreed om dinge wat nie werklik die waarheid is nie te glo.
Gee ‘n aanhaling van Goebbels af in verband met die konsep van propoganda
“… as ‘n leuen lank genoeg herhaal word sal mense dit later glo.”
Beskryf die Kristalnacht
Die aand nadat die Joodse seun die Duitse ambassadeur geskiet het, stuur Goebbels aan die SS-manne in Duitsland ‘n telegram waarin hy hul toestemming gee om die Jode se winkels en sinagoges (kerke) te verwoes. Daardie aand word dus 7500 winkels beskadig en die sinagoges word afgebrand. Baie Jode aws ryk besigheidseienaars. Die nag staan bekend as Kristalnacht juis omdat daar so baie glas gebereek het.
Wat is die Munich wette en wanneer was dit ingestel?
Die wette is in 1935 ingestel en bepaal dat die Jode van al hul regte ontneem word. Self basiese regte soos vervoer is van hul ontneem.
Wat het baie Jode gedoen om hulself te red?
Baie Jode soos Albert Einstein vlug nou uit Europa want hulle verstaan dat omstandighede in Duitsland net gaan vererger. Baie lande weier egter om nog Jode in hul land te laat en hul is nou vasgekeer. (Baie Jode wou ook nie hul besittings agterlos nie.)
Wanneer was daar op die finale oplossing besluit deur Hitler en Goebbels en wie was in beheer daarvan om dit te bestuur?
In 1941 en Heinrich Himmler was aangestel om dit te bestuur.
Hoeveel Jode was daar vermoor oor die volgende 4 jaar?
ongeveer 6 miljoen
Wat is “genocide”/volksmoord?
Wanneer ‘n hele volk uitgewis word.
Hoe verwys ons na die volksmoord op die Jode?
met “Holocaust”
Hoekom was die jode verplig om die Dawid ster op hul mou te dra?
Die duitsers wou weet wanneer ‘n persoon wat in die straat stap ‘n jood is
Wat het gebeur as die Jode geweier het om die Dawid ster te dra?
Dan is hul in konsentrasiekampe gegooi.
Wat beteken dit as on sê dat die Nazi’s Anti-Semities was?
Dit beteken dat hulle tten die Jode gekant was
Hoe het die Nazi’s die duitse volk geag?
As die meesterras/ “Ariese ras”
Wat was die ‘ariese ras”/ ideale Duitser volgens die Nazi’s?
Mense met blonde hare en blou oë.
Volgens watter Nazi program was mense met fisiese gebereke doodgemaak deur middel van “genadedood”
die T-4 program
Definieer genadedood
Dit is wanneer iemand wat siek of beseer is se kans op herstel skraal is, en hulle “gehelp” word om te sterf.
Hoekom was die Nazi-geimplementeerde genadedood gelykstaande aan moord?
Want die mense was nie kritiek of terminiaal siek nie.
Wat was gedoen met kinders wat nie aan die Nazi’s se ideale voldoen het nie?
Hul was sonder hul ouers se toestemming met ‘n dodelike gif ingespuit wat hul feitlik onmiddelik laat sterf het.
In watter tydperk het die Nazi’s 70 000 d.m.v. hulle “genadedood” vermoor?
Tussen 1933 en 1939
Wat het met die Jode in ander lande gebeur soos wat die Duitsers ander lande oorgeneem het?
Hul is eers na ‘n Ghetto gestuur en is vandaar of na doodskampe of na werkskampe gestuur.
Wat is ‘n Ghetto?
‘n Omheinde gebied in ‘n stad. ( Die Jode was daar ingedruk en kon nie uitkomom te gaan kos soek of om te gaan werk nie.
In watter ghetto het daar 500 00 jode in ‘n plek gebly wat net vir 100 000 bestem was?
In die Warsaw-ghetto
Wanneer het Himmler moordspanne vir die jode begin agterna stuur?
Toe die Nazi’s Rusland inval tydens operasie Barbossa.