Belasting Flashcards
DIREKTE BELASTING
Direk gehef word op persoonlike of korporatiewe inkomste
INDIREKTE BELASTING
Gehef word op die prys van goedere of dienste bv. BTW op produkte
Wie kan vir BTW registreer?
Ondernemings met belasbare lewerings van meer as R 1 miljoen in ‘n 12 maande periode EN
Ondernemings wat vrywiliglik wil registreer.
Insetbelasting (BTW-insette)
-is ‘n indirekte belasting gehef op kapitale goedere, roumateriale, dienste, en soortgelyke items wat ‘n sakeonderneming verbruik of gebruik in hul daaglikse bedrywighede.
Uitsetbelasting (BTW-uitsette)
- is ‘n belasting gehef op die verkoopprys van belasbare produkte of dienste wat deur die kliënt van ‘n sakeonderneming betaal word.
nulkoerslewerings
o Bruinbroodmeel (uitgesluit fyn semels)
o Hoendereiers
o Gedroogde boontjies
o Mieliemeel
o Sardyne in blikkies
o Melk, gekweekte melk, melkpoeier en melkpoeiermengsel
o Gedroogde mielies en mielierys
o Stampmielies
o Vars vrugte en groente
o Lensies
o Rys
o Groente kookolie – olyfolie uitgesluit
o Eetbare peule, ertjies, bone en grondboontjies
Brandstofheffingsgoedere:
Sekere gespesifiseerde brandstofheffingsgoedere is onderhewig aan ʼn nulkoers
(0%) BTW-heffing. Voorbeelde hiervan sluit in:
o Brandstof gebruik in motorvoertuie
o Brandstof gebruik in vragmotors
o Brandstof gebruik in bote, skepe
o Brandstof gebruik in busse
o Brandstof gebruik in visvangbote
o Brandstof gebruik in spoorweglokomotiewe
o Brandstof gebruik in boerdery en produksiemasjinerie
vrygestelde lewerings
Residensiële verblyf in ʼn woning (uitgesluit vakansie-akkommodasie). BTW word nie
gehef op die huur wat deur ʼn huurder aan ʼn verhuurder betaal word onder ʼn
huurooreenkoms nie.
Passasiersvervoer (pad en spoor). Die lewering van vervoer by wyse van pad en
spoor is vrygestel van BTW.
Vaste bates in die buiteland. Die lewering van eiendom deur middel van verkoop of
verhuring is vrygestel van BTW, indien die eiendom in die buiteland is.
Opvoedkundige - en kinder-nasorgdienste.
Finansiële dienste – rente-inkomste en -uitgawes.
Goedere en dienste wat gelewer word deur middel van ʼn donasie.
Salarisse
- Koop voorraad aan op krediet van die vervaardiger, Langloop Beperk, vir
R2 720 000.
DT. Handelsvoorraad
DT. BTW- inset
KT. Krediteurekontrole
- Kontantverkope van jaggewere vir die maand het R3 425 000 beloop. Ingesluit
by hierdie bedrag is verkope van R233 000 aan persone wat nie vir BTW
geregistreerd is nie
DT. Bank
KT. Verkope
KT. BTW - uitset
- Die maandelikse huur van die perseel beloop R22 500 en is betaal
DT. Huuruitgawe
DT. BTW - inset
KT. Bank
Koop voorraad aan by ʼn verskaffer, Mnr van Wyk, vir R102 000 op krediet.
Mnr. van Wyk is nie vir BTW geregistreer nie.
DT. Handelsvoorraad
KT. Krediteurekontrole
ʼn Besigheid wat geregistreer is vir BTW mag BTW terug eis op rente betaal.
Vals - Rente is vrygestel van BTW