Woordsoorte Flashcards
Bepaalde lidwoord
Die
Onbepaalde lidwoord
‘n
6 soorte selstandige naamwoorde
Soortnaam, eienaam, abstrakte s.nw, massanaam (stofnaam), maatnaam, versamelnaam.
Hooftelwoord
Dui ‘n getal aan (twee)
Rangtelwoord
Dui ‘n posisie aan (tweede)
Oorganklike hoofwerkwoord
Wanneer die handeling oorgaan na ’n voorwerp.
→ Die seun gooi die bal.
Onoorganklike hoofwerkwoord
Wanneer daar nie ’n voorwerp is nie.
→ Die kinders lag hardop.
Hulpwerkwoord van tyd
het
Hulpwerkwoord van wyse
[wil, wou, moet, moes, kan, kon, mag, sal, sou, durf, behoort, hoef]
Hulpwerkwoord van vorm
Dui lydende vorm aan
[word, is]
Skeibare deeltjiewerkwoorde
Die werkwoord is skeibaar as jy “ge-” tussenin kan plaas.
afneem = afgeneem = neem af
Onskeibare deeltjiewerkwoorde
Kan nie “ge-” in verlede tyd gebruik nie. Bv. onderskei
Infinitief
om te + hoofwerkwoord / te + hoofwerkwoord
Deelwoorde
word van werkwoorde afgelei
Teenwoordige(onvoltooide)deelwoorde
Werkwoord + “-ende” / “-de”
→ lag – laggende
Verlede(voltooide)deelwoorde: Sterk verlede deelwoord
klinkerverandering → gebreek = gebroke (metamorfeem vorm) Eindig op “- e”
Verlede(voltooide)deelwoorde: Swak verlede deelwoord
ge - + werkwoord + –de, -te of –e → gebreek = gebreekte
Voornaamwoord
Woord wat ’n selfstandige naamwoord vervang.
Bv. Susan eet Susan se appel.
Susan eet HAAR appel.
Persoonlike voornaamwoorde
Mense of dinge word aangespreek.
Ek/Jy/Julle/U/Hy/Sy/Hulle/ Hom/ Haar
Onpersoonlike voornaamwoorde
Dit/Daar
Besitlike voornaamwoorde
Myne/Hare/Syne
Betreklike voornaamwoorde
W-woord in die middel van ‘n sin. Koppel die byvoeglike bysin aan die hoofsin.
Wat/Wie/Waarop/Waaraan
Vraende voornaamwoorde
W-woord aan die begin van ‘n vraagsin.
Wat/Watter/Hoe/Waarom
Onbepaalde voornaamwoorde
Praat van iets in die algemeen. Iets/Niemand/Niks/Niemand
Aanwysende voornaamwoorde
Praat van iets spesifieks
hierdie, daardie, dié
Wederkerende voornaamwoorde
Verwys terug na die onderwerp toe
myself, jouself, homself, haarself, onsself, hulleself, my, jou, hom, haar, ons, hulle
WederkeriGe voornaamwoorde
MEKAAR
Byvoeglike naamwoorde
Beskryf die S.nw
Attributief byvoeglike naamwoord
B.nw + S.nw
Predikatiewe byvoeglike naamwoord
S.nw + B.nw
Denotasie
letterlike betekenis
Konnotasie
figuurlike betekenis
Trappe van vergelyking: Stellende trap
basiswoord
Vergrotende trap
basiswoord + -er
meer + basiswoord (wanneer die woord uit TWEE of MEER lettergrepe bestaan en op ’n “e” eindig)
Oortreffende trap
basistwoord + -ste
mees + basiswoord (wanneer die woord uit TWEE of MEER lettergrepe bestaan en op ’n “e” eindig)
Intensiewe vorm
Altyd een woord, behalwe “wawyd oop”
Bywoorde
Beskryf die werkwoord
Bywoord van tyd
Beantwoord die vraag “Wanneer?” → môre/gister/netnou
Bywoord van plek
Beantwoord die vraag “Waar?”
→ daar/links/buite
Bywoord van wyse
Beantwoord die vraag “Hoe?”
→ mooi/goed/pragtig
Bywoord van modaliteit
Dui moontlikheid aan
→ dalk/liewer/juis/mos
Voorsetsels
Dui ’n verhouding tot iets aan.
Voorsetsels: Plek
Die kat slaap onder die bed.
Voorsetsels: Rigting
Sy spring oor die muur.
Voorsetsel:
Ek is gebore in Augustus.
Voegwoorde
Word gebruik om 2 of meer sinne bymekaar te voeg.
Neweskikkende voegwoorde
‘n skakeling tussen woorde en sinsdele
en/of/maar (ons of hulle)
Onderskikkende voegwoorde
‘n skakel tussen sinsdele
→ Sin + OV + bysin
Voegwoordelike bywoord
skakel die sin in ’n breër verband gelyk aan ander sinne →Tog/andersyds/daarom/buitendien/nogtans/ dus/ vervolgens
Wat is ‘n morfeem ?
Voegsel, dit het nie ‘n selfstandige betekenis nie.
Premorfeem
Voorvoegsel, dit staan voor die basis van die woord.
Bv. verhuis
Postmorfeem
Agtervoegsel, dit staan agter die basis.
Bv. hengelaar
Metamorfeem
Woorde wat klinkerwisseling of klinkerverandering ondergaan.
Bv. gebreek word gebroke
Simpleks
Woord met net 1 basis sonder enige voegsels. Kan nie verder ontleed word in kleiner woorddele nie.
Bv. water
Kompleks
Woord met ‘n basis en morfeme. Woord wat in kleiner betenisvolle dele gedeel kan word.
Bv. bou + er = bouer
Samestelling
Woord wat uit 2 of meer stamme bestaan.
Bv. kraan + water = kraanwater
Afleiding
Woord wat bestaan uit ‘n stam en ‘n afleiding.
Bv. ont + plof = ontplof
Afgeleide samestelling
Woord wat bestaan uit twee of meer basiswoorde en een of meer afleidings.
Bv. drinkwaterloos
(drink + water + -loos)