wetenskap fisika kw 3 sleutelwoorde Flashcards
wet ( of beginsel ) van behoud van lading
lading kan nie geskep of vernietig word nie , dit kan slegs oorgedra word ( van een voorwerp na n ander )
of
Die algebraïese som van die ladings in n geslote sisteem bly konstant
coulomb se wet
die aantrekkings krag of afstotingskrag tussen twee ladings is direk eweredig aan die produk van die ladings en omgekeerd eweredig aan die kwadrant van die afstand tussen die ladings
elektriese veld
n elektriese veld is die ruimte ( gebied ) rondom n elektriese lading ( gelaaide voorwerp ) waarin n ander lading ( of gelaaide voorwerp) n elektrostatiese krag sal ondervind
elektriese veld lyn
n elektriese veld lyn is n denkbeeldige lyn wat die rigting en die sterkte aandui waarlangs n positiewe toetslading sal beweeg as dit op n spesifieke punt in die elektriese veld geplaas word
elektriese veldsterkte of intensieteit
elektriese veldsterkte by n punt in n elektriese veld is die krag per positiewe eenheidslading ( d.w.s. +1C ) by daardie punt
regterhandreel 1
hou die geleier ( draad) in die regterhand vas sodat die duim in die rigting van die konvensionele stroom (+na-) wys. die rigting waarin die gekromde vingers wys , is die rigting van die magneet veld ( veldlyne )
- magneetveld om n reguit stroomdraende geleier *
regterhandreel 2
neem enige deel van die sirkelvormige geleier ( draadspoel of lus ) in jou regterhand sodat die uitgestrekte duim in die rigting van die stroomvloei (+na-) wys. jou gekromde vingers om die geleier toon die rigting van die magneetveldlyne by daardie plek
- magneetveld om n sirkelvormige spoel
regterhand solenoiedreel
hou die solenoied in jou regterhand , met jou duim uitgestrek en jou gekromde vingers in die rigting van die stroom (+na-) , dan wys jou duim in die rigting van dis N - pool van die solenoied
elektromagnetiese induksie
elektromagnetiese induksie is die verskynsel waar n emk , asook n elketriese stroom in n geleier geinduseer word deur n veranderende magneetveld rondom die geleier
faraday se wet vir elektromagnetiese induksie
n emk word in n geleier geinduseer wanneer die magneetveld wat dit omring verander . die grootte van die geinduseerde Emk is direk eweredig aan die tempo van verandering van die magnetiese vloed in die geleier
lenz se wet
die geinduseerde stroom is sodanig dat dit die oorsaak daarvan teenstaan
magnetiese vloed
magnetiese vloed is die produk van die loodregte komponent van die magneetveld deur n opoervlakte met die groottevan die opoervlakte
die rigting van die geinduseerde magnetiese veld en die stroom in die spoel kan ook met n regtehandreel bepaal word
wanneer jy jou vingers van die regterhand buig in die rigting van die stroom , sal jou duim inbdie rigting vanb die geinduseerde magneetveld wys , d.w.s. in die rigting van die N- pool . of : wanneer jy jou duim wys in die rigting van die geinduseerde magneetveld , d.w.s. in die rigting van die N- pool , sal die vingers wys in die rigting van die stroom
ohm se wet
die potensiaalverskil oor n geleier is direk eweredig aan die stroom deur die geleier mits die temperatuur konstant bly
ohm
n geleier ( of resistor ) bied n weerstand can een ohm as n stroom van 1 ampere daarin vloei wanneer die potensiaalverskil oor die ente daarvan een volt is
elektriese drywing
elektriese drywing is die tempo waarteen elektriese energie omgesit word na ander vorms van energie in n elektriese stoombaan
resistors in serie
die stroom deur al die resistors in n serie stroombaan is orals dieselfde . oordrag van drywing sal die grootste weea vir die resistor in serie met die grootste weerstand
vir resistors in serie sal die resistor met die grootste weerstand ook die grootste voltmeterlesing( potensiaalverskil) he volgens V=IR en sal volgens P= VI ook die grootste oordrag van drywing he
resistors in parallel
die potensiaalverskil ( spanning ) vir resistors wat in parallel verbind is , is dieselfde . oordrag van drywing sal die grootste wees vir die resistor met die kleinste weerstand in parallel
vir resistors in parallel sal die grootste stroom deur die resistor vloei met die kleinste weerstand en sal volgens P= VI ook die grootste oordrag van drywing he