elektrostatieka - coulomb se wet Flashcards
coulomb se wet
wat is n ander woord vir statiese elektrisieteit ?
en wat beteken dit
rustende elektrisieteit is n ander woord vir dit
dit beteken dat daar is geen beweging van elektriese ladings nie
wat beteken elektrostatieka ?
dit is die studie van statiese elektrisieteit waarin ons probeer uit vind watter uitwerking ladings in rus op mekaar het
watter 2 soorte ladings kry ons
1 positiewe ladings
2 negatiewe ladings
hoe onstaan n positiewe lading ?
n positiewe lading op n voorwerp onstaan deur die verwydering ( tekort ) aan elektrone
hoe onstaan n negatiewe lading ?
n negatiewe lading op n voorwerp onstaan deur die toevoeging ( oormaat) aan elektrone
wanneer se ons dat die voorwerp elektries neutraal is ?
wanneer daar ewe veel elektrone ( negatiewe lading ) as protone ( positiewe lading ) is
wat oefen gelaaide voorwerpe op mekaar uit ?
kragte
wat doen
1 voorwerpe met gelyksoortige ladings
2 voorwerpe met ongelyksoortige ladings
1 stoot mekaar af
2 trek mekaar aan
voorwerpe kan gelaai word deur 3 goed noem en bespreek dit
1 wrywing
bv n plastiek liniaal word positief gelaai wanneer dit met n droe lap gevryf word ( omdat die plastiek liniaal elektrone afegee aan die lap )
bv n glasstaaf word negatief gelaai wanneer dit met n droe lap gevryf word ( omdat die lap elektrone afgee aan die glasstaaf )
2 aanraking
wanneer die reeds gelaaide voorwerp aan n amder ongelaaide voorwerp raak ; verkry die ander voorwerp dieselfde lading
3 induksie
waartydens n reeds gelaaide voorwerp naby n ander voorwerp gehou word ; en die voorwerp met die vinger aangeraak word ; verkry hierdie voorwerp n lading wat teenoorgesteld is aan die van die reeds gelaaide voorwerp
wat is die wet ( of beginsel ) van die kwantifisering van lading
elke lading in die heelal is n heelgetalveelvoud van die elektronlading
Q=nqe
wat is qe
# konstante # 1.6 ×10 tot die mag -19 C # is positief vir protone en negatief vir elektrone
wat is die eenheid van lading
coulomb (C)
wat is coulomb se wet
dit is die elektrostatiese krag tussen ladings
waar kom coulomb van daan ?
in 1784 het die Fransman ; Charles de Coulomb die elektrostatiese krag wat gelaaide voorwerpe op mekaar uitoefen gemeet
hy het gebruik gemaak van n torsie balans wat bestaan uit twee metaal balle wat aan n staaf gemonteer en aan n dun veseldraad gesuspendeer is . een van die balle word gelaai . as n ander voorwerp naby die gelaaide bal gebring word ; roteer die staaf effens . die hoeveelheid rotasie is dan n maatstaf van die elektrostatiese krag tussen die ladings
deur beide positiewe en negatiewe ladings te gebruik het coulomb gevind dat daar 2 faktore is wat die elektrostatiese krag tussen die ladings beinvloed
noem die 2 faktore wat die elektrostatiese krag tussen ladings beinvloed
1 die grootte van die ladings
2 die grootte van die afstand tussen die ladings