Virusse Flashcards
nie-sellulêr
Organismes wat uit geen sel of selle bestaan nie dus bevat hy geen kern, sitoplasma of organelle nie
Obligate-parasiete
Virusse is obligate-parasiete ,hulle is “verplig” om parasiete te wees om ten einde reproduktief te kan wees
Intrasellulêre parasiete
Parasiete wat afhanklik is van ander selle om te oorleef en voor te plant ,dus kan hul egter net binne n lewende gasheersel voortplant
Voorbeeld: virusse
Parasiete
Organisme wat binne gasheer leef en siektes veroorsaak
Kapsied
Die naam wat aan die proteïenlaag gegee word wat die nukleïensure in virusse omsluit
Waaruit bestaan virusse se kern
Nukleïensuur
DNS of RNS maar nooit albei nie
Siektes deur virusse veroorsaak
- Gewone verkoue
- MIV/VIGS
- Influensa
- Hondsdolheid
- Polio
Wat is virusse
Nie-lewende patogeniese organismes
Hoekom word virusse as nie-lewend beskou en vorm nie deel van die vyf koningkryke nie
Virusse kan nie enige lewensprosesse uit voer behalwe voortplanting ,mits dit binne in n lewende gasheersel voortplant
Die vyf koningkryke behels net lewende organismes
nie-lewend
Organisme wat nie die 7 lewensprosesse kan uitvoer nie
7 lewensprosesse
1) Voortplanting
2) Beweging
3) Voeding
4) Uitskeiding
5) Groei
6) Respirasie
7) Prikkelbaarheid
Biodiversiteit
Die aantal verskillende spesies en hul genetiese inligting wat in hul verskillende habitatte op aarde aangetref word
Mikro-organismes
Die organismes wat te klein is om met die blote oog gesien te word
Prokariote
Organismes wat bestaan uit selle wat nie n membraan om hul kern of organelle het nie
Eukariote
Organismes met duidelike gedefinieerde kerne
Plantae
Die ryk waaraan alle plante behoort
Animalia
Die ryk waaraan alle diere behoort
Virusse
Nie-lewende patogeniese organismes
Patogenies
Organismes wat siektes veroorsaak
Mutasie
n verandering in die DNA-struktuur van n geen wat n verskillende allele skep
DNS
Deoksiribonukleïensuur
RNS
Ribonukleïensuur
Kapsied
Die naam wat aan die proteïenlaag gegee word wat die nukleïensure in virusse omsluit
Kiemeter/bakteriofaag
Virusse wat bakterieë aanval
Kokkus
Bakterieë met n geronde/sferiese vorm
Basil
Bakterieë met n langwerpige vorm
Spirillum
Die bakterieë met n spiraalagtige vorm
Vibrio
Bakterieë met n komma vorm
Sweephare
Die uitgroeisels aan die kant van bakterieë wat help met voortbeweging