Versamelname bl 51-53 Flashcards
Groot versameling visse
Skool
Skepe wat saamvaar of saamhoort
Vloot
‘n Menigte vlieënde bye of voëls bymekaar
swerm
‘n Versameling kleintjies (van bv ‘n teefhond) wat saam gebore word
werpsel
‘n Klomp rowers saam
bende
‘n Versameling gedigte, verhale of ander prosawerke in een boek is ‘n
bundel gedigte, verhale of ander prosawerke
‘n Versameling wasgoed
bondel wasgoed
‘n Lywige boek wat die versamelde of ‘n aantal werke van ‘n skrywer bevat
omnibus
‘n Versameling vrugtebome wat saam in ‘n netjiese uitgelegde tuin geplant is
boord
‘n Versameling vee of wilde diere wat saamlewe
trop of kudde
( Die woord kudde word meestal net vir vee soos skape en beeste gebruik, maar word selfs dan as ietswat deftig beskou. Dit word ook oordragtelik gebruik soos wanneer van ‘n predikant en sy kudde gepraat word, bedoelende hy en sy gemeentelede.)
Al die blare saam van ‘n plant of plante
gebladerte
Al die lidmate in een afgebakende gebied wat saam een kerk besoek
gemeente
‘n Versameling sterre
Gesternte
Al die ministers wat saam met die president aan die hoof van die regering staan
Kabinet
Die versameling mense wat saam aan ‘n sakeonderneming of inrigting verbonde is
Personeel
‘n Veragtelike klomp mense saam
Gebroedsel
Die versameling mense in die onderste lae van die bevolking
Gepeupel of Gespuis of Hoipolloi
‘n Versameling mense wat bloedverwante is (of deur ‘n huwelik of huwelike heg aan mekaar verbind is) staan bekend as ‘n
familie
‘n Pa, Ma en hule kind of kinders vorm saam ‘n
Gesin
Die versameling vroue van die sultan is ‘n
harem
‘n Versameling pêrels wat in ‘n lyn ingeryg is
snoer pêrels
‘n Versameling skote wat afgevuur word
Sarsie skote
Al die mense wat saam in ‘n ingeslote ruimte soos ‘n saal na byvoorbeeld ‘n opvoering, ‘n uitvoering, ‘n voorlesing of ‘n toespraaak luister is die
gehoor
Baie mense wat saam na ‘n spreker waar ook al luister
‘n Skare toehoorders
Al die mense wat saaam na ‘n radio-uitsending luiter
Luisteraars
Al die mense wat saam na ‘n televisie-uitsending kyk
kykers
Al die mense wat saam na iets kyk wat werklik voor hulle gebeur, byvoorbeeld ‘n straatgeveg
toeskouers
‘n Groot skare mense of engele
legioen
‘n Versameling motors en mense agter ‘n lykwa is ‘n
stoet
‘n Versameling brode in die pan is ‘n
baksel
‘n Versameling mense wat sing
koor
‘n Versameling koffers, pakkies en ander los dinge wat ‘n reisiger met hom saamneem is sy
bagasie