Untitled Deck Flashcards
1
Q
Hoe vind fotosintese plaasvind?
A
- Fotosintese vind hoofsaaklik in die groen van blare plaas
- Alle groen plante bevat ʼn stof wat chlorofil of bladgroen genoem word
- Chlorofil gee die groen kleur aan blare en ander dele van die plant
- Chlorofil in die blare absorbeer energie van sonlig
- Plante het ook ander stowwe nodig om voedsel te vervaardig.
- Plante neem ʼn gas met die naam koolstofdioksied uit die lug op deur hul blare.
- Plante absorbeer ook water deur hul wortels
- Gedurende fotosintese gebruik die plante die energie van die Son, koolstofdioksiedgas uit die
lug en water om glukose suiker te maak. - Plante vervaardig ook suurstof gedurende fotosintese.
- Suurstof is ʼn baie belangrike gas wat lewende dinge nodig het om te oorleef.