Gesk Gr.6 Kw 1 Flashcards
Wat is die definiesie van “kraal”
huise en buitegeboue met grond rondom
Wat is die definiesie van “argeoloë”
persone wat die verlede bestudeer deur te kyk na voorwerpe of oorblyfsels van ou geboue wat onder die grond begrawe lê
Wat is die definiesie van “rituele”
godsdienstige seremonies of prosesse
Hoe het mense 1000 jaar gelede gewoon?
Mense het op klein familiekrale en onafhanklike dorpies gewoon.
Daar is nie onderskeid in die gemeenskap getref nie.
Elke familie het:
→gewasse soos sorghum en graan verbou
→en ’n paar beeste en bokke aangehou
- Boere = net vir paar jaar op selfde lande gewasse geplant → daarna nuwe lande begin gebruik.
- Partykeer het hulle hul dorpies na nuwe terreine verskuif.
- Daar was min konflik omdat;
→ daar oorgenoeg grond was en die mense kon wegtrek as enigeen te magtig geword het.
- Die mense het ystergereedskap en koperdraad gemaak;
→ wat hul aan hul bure en in ander dorpies verhandel het.
- Daar was egter geen kontak met
mense buite suidelike Afrika nie.
Hoe het Boerderydorpies later ontwikkel?
Na ongeveer 900 n.C. →sommige dorpe groter as ander begin word.
- As gekyk word na die oorblyfsels van hulle beeskrale;
→ moes hierdie dorpe meer beeste as die ander dorpe gehad het.
- In die groter dorpe het argeoloë talle kleifigure ontdek;
→ wat waarskynlik tydens godsdienstige seremonies gebruik is.
- Hierdie kleifigure van beeste;
→ moontlik een of ander rituele betekenis in die latere boerderygemeenskappe gehad.
- Dit was duidelik dat sommige families ryker geword het en meer godsdienstige mag as
ander gehad het.
Waar het Argeoloë die oorblyfsels van talle vroeëre boerderydorpies wat dieselfde kultuur en lewenswyse gedeel het ontdek?
In die Limpopovallei
Noem 2 van die bekendste dorpies wat in die Limpopovallei ontdek is.
Die plekke wat as K2 en Schroda bekend staan
Noem Verskillende voorwerpe wat op terreine soos Schroda en K2 gevind is
- Muntskulpe dien as bewys dat die mense van Mapungubwe handel gedryf het met ander mense wat van die kus af gekom het.
- Versierings op die kleipot →het simboliese godsdienstige betekenis gehad.
- Volstruisdopkrale →is gemaak van plaaslike materiaal waaroor almal beskik het.
Waarheen het die mense wat by K2 gewoon het, getrek?
Bou hul dorp aan die voet van die Mapungubwe-heuwel
Met verloop van tyd het dit in ’n groot dorp ontwikkel.
Teen ongeveer 900 n.C. →het die hoofman van die dorp en sy familie besluit om hulle hutte __________________________________ te bou.
bo-op die Mapungubwe-heuwel
Wat het Argeoloe ontdek met die fondasies in die dorp?
- Argeoloë het ontdek:
→fondasies van talle hutte in dorp wat aan die voet van Mapungubwe-heuwel gebou is - Die mense het vir ’n lang tyd in die dorp gewoon.
- Wanneer een hut oud geword en omgeval het;
→ is die volgende een op die oorblyfsels daarvan gebou.
Definisie - beraam
’n ingeligte raaiskoot oor die grootte, ouderdom of koste van iets
Definisie - wonings
plekke waar mense woon; ’n ander naam vir ’n huis
Definisie - eerbewys
geskenke aan ’n hoofman of heerser om respek te betoon
Definisie - terrasse
gelyktes op skuins grond gemaak deur ’n muur te bou en die ruimte daaragter op te vul met grond en klip
Definisie - ornamente
mooi goed wat nie noodwendig nuttig is nie
Definisie - simbool
’n merk, teken of prent wat ’n spesiale betekenis het
Ons weet nie wat die mense hul koninkryk genoem het nie. Wat is die moderne naam?
- Mapungubwe →moderne naam van die heuwel waar die antieke konings gewoon het.
Wat beteken Mapungubwe?
Dit beteken → ‘die plek van die jakkals’.
Vandag gebruik ons hierdie naam om na die hele koninkryk te verwys.
Beskryf hoe Mapungubwe heuwel gelyk het en hoe hulle by hom uitgekom het.
- Mapungubwe-heuwel →word aan alle kante deur steil rotswande omring.
- As jy die kruin van die heuwel wil bereik;
→ moet jy opklim met houtpale wat in skeure in die rotse ingekap is. - Sommige mense sê dat dit die mense in oorlogsituasies beskerm het.
- Argeoloë dink egter nie so nie.
- Daar het net ’n paar mense op die kruin van die heuwel gewoon,
en argeoloë het geen bewyse gevind dat Mapungubwe
ooit aangeval is nie.
Hoe sien die Vendas die Mapungubwe heuwel?
→ was altyd bekend met hierdie heuwel
→en beskou dit as ’n spesiale plek waar konings in die antieke tyd gewoon het.
- Hul glo dat → hoofman se huis altyd op die hoogste plek gebou moes word
waar hul die naaste aan voorvadergeeste van gemeenskap sou wees.
- Die mense het die koning gevrees en geëer omdat;
→ hul geglo het dat die voorvadergeeste van die koning na al die mense in die koninkryk omsien.
Wat glo sommige mense vandag oor die Mapungubwe heuwel?
Dat die geeste van die konings steeds op die kruin van die Mapungubwe-heuwel leef.
Wie het in die 1ste paleis met ‘n klipmuur om gewoon in Mapungubwe?
Die konings van Mapungubwe het;
→ saam met hul gesinne en bediendes op die kruin van die heuwel gewoon
→en was afgesonder van die ander mense wat in die dorp aan die voet van die heuwel gewoon het
Hoe is die 1ste Paleis in Mapungubwe gebou?
- Die mense het klippe aangedra →om groot gelyktes op die kruin van die heuwel te bou.
- Hul het groot huise vir hul konings op hierdie gelyktes gebou.