Tradisionele Tegnologie Flashcards
Tradisionele tegnologie
• Inheemse kennis: Kennis wat gemeenskappe / kulture oor generasies kry deur interaksie met omgewing. • Inheemse kennis vorm die basis van: 1) Landbou 2) Voedselvoorbereiding 3) Opvoeding 4) Bestuur van hulpbronne
Tradisionele Biotegnologie
• Oer oue maniere van doen
• Lewende organismes gebruik om nuwe
produkte te maak.
• Gebruik mikroörganismes in die maak van
voedsel bv. Bakterieë, gisse en fungi wat
in die afwesigheid van suurstof fermenteer
en bier, amasi en mehewu maak.
- Bier (Umqombothi)
• Xhosas maak tradisionele bier = Umqombothi. • Mieliemeel, mout, sorghum en water word gebruik. • Ryk aan vit. B • Suur reuk. • Minder as 3% alkohol in.
Die maak van Umqombothi
• Mielies en sorghum word geweek in water tot ontkiem. • Ontkiemde korrels word gedroog. • Gedroogde korrels word fyngekap en word dan mout genoem. • Meng mout en mieliemeel • Voeg warm water by. • Mengsel fermenteer a.g.v. fungi, bakterieë en gis op sorghum. • Kook mengsel tot kors vorm. • Koel af. • Plaas in plastiekvat. • Voeg sorghum en mieliemout by. • Bedek met kombers. • Plaas in warm plek oornag. • Toets of gereed met vuurhoutjie. • Vuurhoutjie sal aan die brand slaan en gaan dan skielik dood. • Filtreer en drink.
- Amasi
• Tradisionele niealkoholiese gefermenteerde melk. • Proe soos joghurt. • Neem ongepasteuriseerde melk in ‘n kalbas. • Ondergaan fermentasie. • Vorm melksuur. • Voorgesit in kleipotte en met mieliehoutlepels.
Mahewu
• Tradisionele SA nie-alkoholiese drankie gemaak van gefermenteerde mieliepap. • Dun mieliepap en koringmeel in warm area geplaas en gefermenteer. • Soetsuur smaak
Anaërobiese respirasie / fermentasie
• 2 Tipes anaërobiese respirasie: 1) Melksuurfermentasie 2) Alkoholiese fermentasie Glukose Melksuur CO2 + Etanol Glukose Melksuurfermentasie Alkoholiese Fermentasie
Hoe werk gisselle?
1) Werk in die afwesigheid van suurstof:
C6H1206 ➔ 2 C2H5OH + 2 CO2 + energie
Glukose ➔ etanol + koolstofdioksied + energie
• Produseer koolstofdioksied en alkohol tydens fermentasie.
• Word gebruik vir die produksie van alkohol soos bier.
2) In die teenwoordigheid van suurstof:
• sit gisse suikers om in koolstofdioksied en water.
C6H1206 + 6 06 ➔ 6 H2O + 6 CO2 + energie
Glukose + suurstof ➔ water + koolstofdioksied +
Biotegnologie in die voedselindustrie
- Die maak van kaas
• Melksuurbakterieë gevoeg by die gepasteuriseerde
melk.
• Fermentasie vind plaas.
• Laktose word omgesit in melksuur.
• Verlaagde pH van melk veroorsaak dat Kaseïen
(Melkproteïen) klonte vorm.
• Ensiem Rennien word bygevoeg vir verdere stolling.
• Wronge: soliede stukke wat vorm.
• Wei: Vloeibare deel…. Word daarin gelos om te
verouder.
• Verskillende soorte kase word gemaak met verskillende
tipes melk en bakterieë en skimmels
2.
Die maak van brood: • Meel, water en gis word saamgevoeg. • Deeg vorm • Die gis fermenteer en vorm alkohol en koolstofdioksied. • Koolstofdioksied laat die deeg rys en die alkohol verdamp.
3.Die maak van wyn:
• Druiwe gepluk en gepars tot ‘n pulp.
• Gisselle word bygevoeg.
• Fermentasie vind plaas.
• Suiker vorm alkohol en koolstofdioksied
• Die fermenteerde pulpmassa (Mos) word in groot vate
gestoor.
• Filtreer van sade en doppe
• Verskillende tipe wyne afhangende van die tipe druif en
verouderingsproses