Teorie Kw.3 Flashcards
Wat is ‘n rekenaarnetwerk?
Wanneer twee of meer rekenaartoestelle met behulp van ‘n kommunikasiemedium aan mekaar koppel om data, teks, klank, grafika of video met mekaar te deel.
Voordele van ‘n rekenaarnetwerk
•Vinnige en effektiewe kommunikasie
•Deel van duur hardware soos drukkers
•Deel van lêers
•Maklike toegang tot die rekenaarnetwerk
•Vrytydbestedig bv. rekenaar speletjies teen mekaar te speel
Nadele van ‘n rekenaarnetwerk
•Vertroulike data kan gesteel word
•Netwerkfoute kan verlore data tot gevolg hê
•Skadelike sagteware soos virusse kan baie vinnig oor ‘n netwerk versprei.
Wat is ‘n Bediener?
Baie kragtige rekenaar met ‘n vinnige SVE, baie RAM en baie stoorspasie.
Bestuur en beheer die netwerk
Deel sy hulpbronne met kliente-rekenaars
Wat is ‘n klient-rekenaar
Enige rekenaartoestel wat aan ‘n netwerk gekoppel is desktop PC, Slimfone, Tablette ens, en u af kry
Wat het ek nodig om ‘n gewone netwerk op te stel
Rekenaartoestelle wat ek wil verbind
Netwerkprogrammatuur
Elke toestel wat jy wil koppel kort ‘n netwerkkaart
Kommunikasiemedia soos ‘n kabel
Roeteerder vir koordlose konneksie tussen die toestelle
Skakelaar om al die kabels van die rekenaartoestelle te ontvang en kommunikasie te help bestuur
Taak van netwerksagteware
Sorg dat rekenaartoestelle met mekaar kan kommunikeer
Bied netwerksekuriteit
Die Internet
Dit is die wêreld se grootste fisiese netwerk. Dit is ‘n GAN, (Globale Area Netwerk en strek oor die hele wêreld
Die internet bestaan uit?
Bediener relenaars
ondersee kabels
mikrogolwe
satellite
veseloptiese kabels
en rekenaartoestelle wat aan mekaar koppel om inligting te deel met behulp van die www wêreldwyeweb = webblaaie
Wat het ons nodig om aan die Internet te koppel?
•ISP(Internet service provider) maatskappy wie jy gan betaal om hul toerusting ten Internetkonneksie te kan gebruik
•Tipe konneksie soos ADSL, VESELOPTIES, Sellulêr (3G, 4G, 5G en LTE)
G staan vir generasie en due nommer dui die rangorde van ontwikkeling aan.LTE staan vir Long Term Evolution en dit dui aan dat die tegnologie enige spoed dataoordrag kan hamteer.
•Internet Router
•CAP is data vir oplaai en aflaai doeleindes
Waarvoor staan IKT
Informasie en kommunikasie tegnologie
Hoe IKT ons lewenstyl verander het
Verander hoe ons toegang tot informasie kry.
Dit verander hoe ons banksake en betalings doen
Dit verander hoe ons speletjies speel
Dit verander die maniere waarop ons kan kommunikeer
Hoe IKT tuis-kantore verander het
Kan self dokumente tik, woordverwerker soos WORD
Kan self boeke doen-sigblaaie soos EXCEL
Kan self drukwerk doen soos fakture vir kliënte
Hoe IKT onderwys verander het
Kommunikasie met studente soos Teams
Hoe onderwysers lesse aanbied
Hoe die skool hul finansies bestuur in Pastel
Hoe skool ouers en leerders se data bestuur Saspac
IKT en rekenaarmisdaad
•Daar is Identiteitsdiefstal-kry mense om persoonlike info soos bankbesonderhede te gee. Daar is Phishing is uitvissing bedrog waar misdadigers vals e posse vir mense stuur wat hulle kul om hul bankbesonderhede pins en ID nommers te verskaf hulle sal sê jy’t ‘n prys gewen
•Hackers: Rekenaars misdadigers wat in stelsels inbreek om sekuriteit te toets of vir prestige en erkenning dat hulle dit kon regkry
Hulle sal betaal word deur maatskappye om swakhede in hule stelsels uit te wys.
Crackers: Rekenaar misdadigers wat in stelsels inbreek om data of geld te steel of skade aan te rig
Georganiseerde rekenaarmisdaad: Kriminele hanteer die misdaad soos ‘n besigheid. Hulle besit vals CALL CENTRES stuur vals eposse en SPAM uit som soveel moontlike mense te bedreig
Wat is n rekenaarvirus
‘n Kwaadwillige Program** wat geskryf is met die doel om skade aan te
rig aan ‘n stelsel en om te versprei.
Hoe kom ‘n virus op jou toestel?
exe lêer word geheg aan ‘n e-pos,
• ‘n Besmette download,
• ‘n geheuestokkie/stoormedia met ‘n virus op.
Hoe weet jy daar is ‘n virus op jou rekenaar?
Lêers begin onverklaarbaar verdwyn.
• Rekenaar werk ewe skielik stadig.
• Programme werk nie meer reg nie.
• Die hardeskyfspasie is sonder rede vol
Hoe kan jy dit afhaal?
nstalleer ‘n goeie anti-virus program bv McAfee, Norton,
Kaspersky, BitDefender ens.
• Dateer die anti-virus gereeld op – sit Auto Update aan.
• Die anti-virus sal dan die virus opspoor en verwyder of in
kwarentyn plaas.
• Jy kan ook jou stoortoestel formateer (alle data afvee).
Hoe kan jy virusse op jou stelsel vermy
Moenie op verdagte skakels klik nie.
• Vermy verdagte webtuistes.
• Maak seker jy Download van veilige webwerwe af.
• Skandeer alle stoormedia vir virusse voor jy dit gebruik
Wat is Kwarantyn
Wanneer ‘n Anti virus program ‘n moontlike virus vind maar nog nie seker is of dit een is nie, sal hy dit in kwarantyn plaas tot hy ‘n oplossings kry.
Waar is Kwarantyn
• ‘n Spesiale gedeelte op die hardeskyf wat uitgehou word deur
die Anti-virus program vir hierdie doel.
Hoekom moet jy ‘n Anti-virus program gereeld opdateer:
Nuwe virusse word daagliks geskryf en versprei.
• Om seker te maak jou Anti-virus tel al die nuutste virusse op,
moet dit gereeld opgedateer word met die nuutste virusdefinisies.
• Antivirusprogram maak gebruik van ‘n tabel vol bekende virus
definisies. Hy vergelyk dan elke lêer met hierdie tabel om te kyk
of ‘n lêer nie ooreenstem met ‘n virus definisie nie. As die tabel
nie opgedateer word nie, sal die antivirus nie ‘n nuwe virus se
definisie kan herken nie want sy tabel besit nie die definisie
Wat is Trojan?
Kwaadwillige Malware wat homself voordoen as ‘n nuttige program en
gewoonlik as ‘n ikoon op ‘n skerm verskyn