SW Eksamen 13 November 2024 Flashcards
Bevolkingskonsepte
Defineer die volgende terme:
Geboortesyfer
Die aantal geboortes per 1000 mense in een jaar
Bevolkingskonsepte
Defineer die volgende terme:
Sterftesyfer
Die aantal serftes per 1000 mense in een jaar
Defineer die volgende terme:
Bevolkingsgroei
‘n land se toename in die bevolking in een jaar.
presentasie van die bevolking aan begin van die jaar. Sluit in aantal geboortes en sterfte, mense wat na ‘n land migreer en land verlaat gedurende daai tydperk
Wat is lewensverwagting
gemiddelde aantal jare wat ‘n persoon vanaf geboorte to sterfte kan verwag om te kan leef
Wat is Babastertesyfer?
‘n baba is ‘n kind jonger as een jaar. Die aantal babasterftes per 1000 lewende geboortes
Sleutelwoord
Lewensverwagting
gemiddelde aantal jare wat ‘n persoon vanag geboorte tot sterfte verwag om te leef
Siektes
Wydverspreide siektes soos Malaria kan dodelik wees en sterfsyfer is hoog..
Ongeveer 90% van die mense wat aan Malaria sterf is jong kinders wat as gevolg van hoë koors sterf.
Sleutelwoord
Pandemie
Wydverspryde siekte, dikwels oor hele wêreld voorkom en wat groot aantal mense affekteer.
Sleutelwoord
Epidemie
Uitbreek van ‘n siekte in ‘n land of streek waar ‘n groot aantal mense besmet word.
Sleutelwoord
Inenting
Inspuiting van ‘n entstof om ‘n persoon teen ‘n siekte te beskerm
hoe beinvloed die geboorte-sterftesyfer die ekonomie?
babas van welvarender ouers het ook toegang tot mediese sorg en sterftesyfer in welvarender is geneig om om laer te wees as armer gemeenskappe
Hoe beïnvloed oorloë die geboorte - en sterftesyfers? Hoekom is die geboortesyfer laer?
Dit word beïnvloed omdat soldate vir lang tye weg is van die huis.
Baie mense verkies om nie kinders te hê gedurende oorlogstye indien hul kon kies.
Noem vier verbeterings in gesondheidsorg wat bevolkingsgroei beïnvloed het
- Meer dokters
- Toegang tot mediese sorg
- Meer klinieke
- Meer ambulanse
Regering se beleid
Sestig jaar gelede was die Japannese regering bekommer oor die hoë geboortesyfer en het geboortebeperking aangmoedig en aborsie gewettig.
Japan nou laagste geboortesyfer in wêreld.
Japannese regering bekommerd oor dalende bevolkingsyfer. Japannese regering het ‘n beleid ingestel van maandelise kontantbetalings aan paartjie met kinders.
In China besluit die regering hoeveel kinders gebore moet word, elke paartjie mag net een kind hê as meer kind hê betaal groot boetes
in China is seuns hoër waarde as dogters en daarom het sommige vrouens aborsies ondergaan as hulle uitvind hulle verwag ‘n dogtertjie daarom is dit moeiliker vir mans om vrouens te kry.
Verduidelik woude as ‘n hulpbron
- Woude beskerm die grond teen erosie.
- ‘n Woud bied kos aan vir mense.
- Natuurlike medisyne kom van woude af.
Verduidelik grond as ‘n hulpbron
- Gronderosie verwyder grond.
- kos kort grond om geproduseer te word
Noem die oorsake van gronderosie
- Wind en water. Die hoeveelheid grond wat wind en water kan wegdra
- Oorbeweiding
Die hoeveelheid grond wat wind en water kan wegdra, word deur twee verwante faktore beïnvloed naamlik:
- Spoed - hoe vinniger wind of water beweeg, hoe meer grond kan dit erodeer
- Plantbedekking - plante beskerm die grond en as daar nie plante is nie, kan wind en water baie meer skade aanrig.
Donga is
‘n sloot met steil kante wat deur gronderosie gevorm is.
Noem die redes vir bewaring
- Die bevolking in te lig
- Bedreigende spesies te beskerm
- Wilde diere op veilige plekke hervestig
- Telingsprogramme vir bedreigende diere in te stel
- Wildpark te vestig en te vergroot
Flora is
Plante
Fauna is
Diere
Eko - toerisme
‘n reis na natuurlike gebiede wat die omgewing bewaar en die welsyn van plaaslike mense verbeter
Beskikbaarheid van water en gebruik
meer as die helfde is vir landbou en besproeing.
slegs 10% van die water word gebruik deur houshoudings
Wat is ‘n vleiland?
‘n vleiland is ‘n gebied waarvan die grond permanent of meestal met water deurdrenk is
Noem redes waarom ons vleilande moet bewaar?
- Omdat dit die gehalte van ons water verbeter deur besoedelde water skoon te maak
- Water kan in vleilande opgegaar word
- oorstromings word verhoed omdat vleilande water stadiger laat vloei
- gronderosie word ook beheer omdat die sediment in vleilande uitgefiltreer word.
Beskryf hoe ‘n vleiland werk?
Leer opsomming en skets
Lug besoedeling
Leer opsomming en skets