EBW Eksamen 11 November 2024 Flashcards
Geld wat die eienaar in sy besigheid belê
Wat is kapitaal?
Geld wat die eienaar in sy besigheid belê.
bv. rekenaars, lessenaars, motors, meubels, eiendom
Wat is bates?
Besittings wat gebruik word om ‘n besigheid te bedryf.
bv. Grond en geboue, toerusting, voertuie, geld in die bank
Wat is laste?
Die skuld van ‘n besigheid
Wat is inkomste?
Geld wat deur die besigheid verdien word.
Inkomste kan verdien word deur?
1) Produkte aan klante te verkoop
2) ‘n diens aan klante te lewer
3) eiendom aan ander mense te verhuur
4) geld in ‘n bankrekening te sit waar die rente verdien word
Die regte rekeningkudige terme vir hierdie inkomste is ?
1) Verkope inkomste
2) Lopende inkomste
3) Huur inkomste
4) Rente-inkomste
Wat is Verkope inkomste ?
Inkomste uit die verkoop van goedere
Wat is Lopende inkomste ?
Inkomste uit dienste soos haarsny
Wat is huurinkomste?
Inkomste uit die verhuur van die eiendom
Wat is rente - inkomste?
Inkomste wat deur banke of ander finansiële instellings gegee word
Wat is uitgawes ?
Daaglikse koste om die besigheid te bedryf
bv. water en elektrisiteit, produkte, advertensies, skryfbehoeftes en lo
Wat is wins?
Die bedrag waarmee inkomste uitgawes oorsky. Besigheid maak wins wanneer sy inkomste groter is as sy uitgawes.
Hoe bereken mens wins?
Inkomste - uitgawes = Wins
Wat is verlies?
Die bedrag waarmee uitgawes inkomste oorskry
Sam Mfeka het ‘n loodgietersbesigheid begin. Hy wil weet of hy vir Mei wins gemaak of ‘n verlies gely het. Hy gee vir jou die volgende inligting:
- Geld ontvang uit loodgieterswerk - R34 500
- Geld ontvang uit huur - R3 450
- Geld betaal aan materiaal wat nodig was om die diens te verskaf - R12 450
- Geld betaal aan lone - R3 200
- Geld betaal aan bemarking - R 600
- Geld betaal aan toerusting ^- R5 000
- Geld om lening terug te betaal ^^ - R 2 000
- Geld om lening terug te betaal - R 2 130
- Geld betaal aan skryf behoeftes - R 500
- Geld betaal aan rente op lening - R 270
^ Toerusting is ‘ bate en nie ‘n uitgawe nie.
^^ Lenings is laste en nie uitgawes nie. Die rente betaalbaar op die lening is egter ‘n uitgawe omdat die die koste is om geld te leen
Inkomste
Loodgieterswerk 34 500
Huurinkomste 3 450
TOTALE INKOMSTE 37 950
Uitgawes
Materiaal 12 450
Lone 3 200
Bemarking / Reklame (advertensie) 600
Voertuiguitgawes 2 130
Skryfbehoeftes 500
Rente op lening 270
TOTALE UITGAWES 19 150
WINS (Inkomste – Uitgawes) 18 800
Wat is Nettowaardestaat?
‘n Lys met bates en laste
- Bates (jou besittings)
- Laste (jou skuld)
Hoe bereken jy netto waarde ?
Hint: Formule
Besittings (bates) - Skuld (laste) = Netto waarde
Stel ‘n Nettowaardestaat op
Ragel Gerrits gee vir jou die volgende inligting vir Junie en vra om jou om haar Nettowaardestaat op te stel.
Selfoon - R1 500, Lening by bank - R 20 000, Geld in die bank - R 4 700, Kredietkaart - R 1 350, Klererekening - R 650, Motor - R 130 000,
Meubles - R 46 500
Ragel Gerrits se Nettowaardestaat vir Junie
BATES
Selfoon 1 500
Geld in die Bank 4 700
Motor 130 000
Meubles 46 500
TOTALE BESITTINGS 182 700
SKULD
Lening by die bank 20 000
Kredietkaart 1 350
Klererekening 650
TOTALE SKULD (22 000)
NETTO WAARDE (Bates - skuld) 160 700
Wat is die definisie van ‘n entrepreneur?
Mense wat hul eie besighede besit en bestuur en wat al die risikos en belonings van die besigheid aanneem.
Entrepreneurs is mense wat die vaardighede en kennis het om die ander produksiefaktore te gebruik om ‘n nuttige produk of diens te verwaardig wat teen ‘n wins aan verbruikers verkoop kan word.
Noem die Eienskappe van ‘n Entrepreneur?
- ‘n Visie van wat hulle in die toekoms wil bereik
- Vertroue in hulle eie vermoë om te slaag
- die lus om in beheer te wees en leiding te neem.
- die wilskrag en uithouvermoë wat hulle in staat stel om struikelblokke te oorbrug.
- ‘n uitsonderlike vermoë om te beplan en te organiseer
- uitsonderlike leiers - en bestuursvermoëns
- ‘n Buigsame geaardheid en die vermoë om vinnig by verandering aan te pas
- ‘n baie energieke en toegewyde geaardheid
- die lus vir uitdagings
- die vermoë om ‘n besigheidsmoontlikheid te indentifiseer en die ptensiaal in nuwe besigheidsidees raak te sien.
Noem die funksies van ‘n entrepreneur?
- aankoop
- verkoop
- produseer
- ‘n wins te maak
Sleutelwoord
Produseer
Die maak van ‘n produk deur grondstowwe in goedere te omskep
Sleutelwoord
Verkoop
Om klante te oorreed om die goedere en dienste te koop.
Wat is ‘n SWOT - ontleding ?
- S Staan vir Sterkpunte (strenghts)- vasstel wat jou sterk einskappe is. (Positiew aspekte in die besigheid)
- W staan vir swak punte (weaknesses) - vasstel waarmee jy nie so goed is nie (Negatiewe aspekte in die besigheid)
- O staan vir geleenthede (opportunities) - dis kanse wat kan gebruik om die situasie te verbeter. Voordeel vir die besigheid inhou.
- T staan vir bedreigings (threats) - is sake wat ‘n nadelige uitwerking op die besigheid kan hê.
Sleutelwoord
Doelwitte
Iets wat jy in die toekoms wil bereik
Berig van advertensie / reklame
Bemarking kyk na die vier P’s
- Produk
- Prys
- Plek
- Promosie
Sleutelwoorde
Vaste Koste
Koste wat nie verander nie, maak nie saak hoeveel artikels gemaak word nie
Sleutelwoorde
Veranderlike Koste
Koste wat elke maand verskil en afhang van hoeveel produkte jy maak
Die mense aan wie jy van plan is om jou produk te verkoop, word jou teikenmark genoem.
Voordat jy omvattende planne kan maak, moet jy marknavorsing doen om uit te vind:
- Wie is jou teikenmark?
- Wat geniet hulle of wat het hulle nodig?
- Van watter verpakking hou hulle?
- WAt is hulle bereid om vir die produk te betaal?
- Wanneer sal hule waarskynlik die produk verkoop?
- Waar sal hulle waarskynlik die produk koop?
Sleutelwoorde
Marknavorsing
Om besonderhede oor moontlike klante te wete te kom
Voorbeelde van Sosiale ongelykheid
- Geslagsongelykheid
- rasse-ongelykheid
- ouderdomsongelykheid
- ongelykheid op grond van ‘n fisiese gebrek (gestremdheid)
Sleutelwoorde
Nepotisme
Voortrekkery van familie of vriende; baantjies vir boeties
*Soms kry mense werk omdat hulle “ die regte mense” ken.
Hulle ouers besit groot bsighede en hulle kan daar werk
Mense se inkomste word soms bepaal deur wie hulle ken en wie hulle familie is. *
Sleutelwoorde
Vervaardig
Om produkte te maak, gewoonlik met behulp van masjinerie
Selutelwoorde
Sekondêre sektor
Produkte word uit onverwerkte grondstowwe vervaardig
Sleutelwoorde
Tersiêre sektor
Besighede lewer dienste eerder as goedere
Sleutelwoorde
Primêre produksiestadium
Natuurlike hulpbronne te ontgin bv. mynbou, visserye, bosbou
Sleutelwoorde
Sekondêre produksiestadium
Produkte vervaardig uit die natuurlike hulpbronne bv. fabrieke, saagmeule
Tersiêre produksiestadium
Wat deur besighede onderneem wat diense verskaf bv. winkels, dokters en banke
Insette (Produksiefaktore)
Daar is vier groepe produksie faktore. Noem hulle
-
Natuurlike Hulpbronne (grond)
hulpbronne uit die natuur wan in die produksie proses gebruik word -
Arbeid
fisiese en verstandlke werk wat die mense verskaf om goedere en dienste te produseer. -
Kapitaal
mensgemaakte voorwerpe wat in die produsie proses gebruik word -
Entrepreneurs
iemand wat ‘n besigheid oprig , besit en bestuur
Sleutelwoorde
Ekonomiese groei
Wanneer die vlak van ekonomiese uitset (produksie) met verloop van tyd toeneem.
Daar is baie strategieë wat gebruik kan word om ekonomiese groei in Suid-Afrika te stimuleer. Dit sluit in:
- Om entrepreneurskap te bevorder en nuwe klein besighede aan te moedig
- Om bestaande besighede aan te moedig om uit te brei en produksie te verhoog
- Om die produktiwiteitsvlak te verhoog sodat meer goedere en dienste gelewe word.
- Om Produksietegnieke te verbeter sodat hulle doeltreffender word en uitset sal verhoog
- Om hulpbronne beter te bestuur sodat ons dit ten volle kan benut.
- Om besighede se bestuurspraktyke te verbeter sodat maatskappye doeltreffender en produktiewer word.
- Om beleggers uit ander lande aan te moedig om geld in plaaslike besighede te belê of besighede in Suid- Afrika te stig.
As ‘n land se produksievlak styg, het dit sosiale en ekonomiese gevolge. Dit sluit die volgende in:
- Daar is meer goedere en dienste vir klante om uit te kies; daar is dus ‘n groter verskeidenheid an aantal artikels wat hulle kan koop.
- Die indiensnemingsvlak styg en werkloosheid daal. Dit verminder armoede.
- Die inkomstevlak styg omdat mense baat by die verkoop van meer goedere.
- Die gemiddelde lewenstandaard verbeter omdat meer mense werk het en daar meer geld in die ekonomie in omloop is.
Sleutelwoorde
Produktiwiteit
Hoe doeltreffend hulpbronne aangewend word om produkte en dienste te lewer
Sleutelwoorde
Tegnologie
Alle masjinerie toerusting of gereedskap wat deur wetenskaplike kennis ontwikkel is.
Sleutelwoorde
Aankoop
om te koop
Aktiwiteit 12.11 Nr 1
Verduidelik in jou eie woorde wat met die volgende terme bedoel word:
a) Tegnologie
b) produktiwiteit
c) ekonomiese groei
a) Tegnologie - All masjinerie toerusting of gereedskap wat deur wetenskaplike kennis ontwikkel is.
b) Produktiwiteit - Hoe doeltreffend hulpbronne aangewend word om produkte en dienste te lewe
c) Ekonomiese groei - Wanneer die vlak van ekonomiese uitset (produksie) met verloop van tyd toeneem.
Aktiwiteit 12.11 Nr 2
Beskryf die verhouding tussen tegnologie, produktiwiteit en ekonomiese groei.
- Tegnologie verbeter die produktiwiteit van die ander produksiefaktore
- Tegnologie lei tot nuwe ontwikkelings wat nuwe produsieprosesse lei.
- Tegnologie maak dit moontlik om meer goedere en dienste te produseer
- Tegnologie kan lei tot ‘n toename in uitset, wat weer tot ekonomiese groei lei.
- Kan produktiwiteit verhoog en tot verhoogde produksie lei
- Kan werkloosheid verminder maar ook tot verhoogde werkloosheid lei as mense deur masjiene vervang word.
- Tegnologie kan produktiwiteit ook nadelig raak as dit veroorsaak dat mense se aandag van hulle werk afgelei word of as werknemers nuwe stelsels en nuwe produsie prosesse moet leer ken.
- Tegnologie is baie duur om aan te koop veral as ingevoer word.
- Tegnologie is baie duur om te besit en in stand te hou.
- Tegnologie lei soms tot hoë vlak van besoedeling wat nadelige uitwerking op omgewing en mese se lewenstandaard het.
Sleutelwoorde
Belê
Om eiendom of aandele te koop of geld by die bank te spaar sodat jy meer kan verdien.
Daar is baie dinge waarin ‘n mens kan belê as jy begin geld verdien:
- Koop huis en verhuur
- In ‘n klein besigheid belê en ‘n wins maak
- Aandele in ‘n groot maatskappy koop en in sy wins deel.
- Geld in ‘n bank belê en rente verdien
Die belangrikste vier bankie in Suid-Afrika is:
- Absa Bank
- Standard Bank
- Eerste Nasionale Bank (FNB)
- Nedbank
Geskiedenis van banke
Bankie het ontstaan voordat note en munte as geld gebruik is.
Banke het hul oorspring 2000 v.C in ou Mesoptamië, toe konlike paleise en tempels gebruik is om graan veilig te berg.
Noem die dienste wat deur banke aangebied word?
-
OTM
Masjiene om kontant te trek, deposito’s te maak, geld oorplaas en rekening te betaal. -
Internet-Banksake
banksaldo nagaan, geld oorplaas of rkeninge betaal deur internet. -
Finansiële advies
Bankie gee raak oor hoe om geld op beste manier te belê -
Kleinsake-ondersteuning en advies
Bankie het mense om klein besighede te help -
Buitelanse valuta
Kan buitelandse banknote koop en geld na ander lande oorplaas. -
Krediet en debietkaartfasiliteite.
Kan aansoek doen vir kredietkaarte. Kan met kaart koop en later betaal.