Statiese Elektrisiteit Bbl.205-210 Flashcards
Wat gebeur as 2 neutrale materiale teen mekaar gevryf word?
Die eleketrone van party A beweeg oor na party B.
Dit veroorsaak dat party A nou n positiewe lading het, terwyl party B n negatiwe lading het.
Wat veroorsaak wrywing tussen sekere materiale?
Bv. Plastiek, perspeks, glas, nylon, wol, sy
Dit veroorsaak dat elektrone tussen die atome van materiale oorgedra word.
Slegs elektrone kan beweeg, daarom word positiewe en negatiewe ladings in terme van “die balans van elektrone en protone” gedefinieer.
Wat is n positiewe lading?
Dit is n lading veroorsaak deur n tekort aan elektrone.
Wat is n negatiewe lading?
Dit is veroorsaak deur n oormaat van elektrone.
Wat is statiese elektrisiteit?
Elektrisiteit wat deur wrywing opgewek word.
Dit word so genoem omdat elektrisiteit nie beweeg nie ,maar staties is.
Wat is wrywing?
Wanneer 2 neutrale materiale teen mekaar gevryf word wat dan statise elektrisitteit veroorsaak.
Wat is n ander naam vir statiese elektrisiteit?
Elektrostatika.
Wat is gelyksoortige ladings en gee n voorbeeld?
Gelyksoortige ladings stoot mekaar af.
Bv. Wanneer jy n ballon het en jy vryf jou hand daarteen, sal die elektrone van jou hand na die ballon beweeg. Dus het jou hand nou n positiewe lading en di ballon n negatiewe lading. As jy die negatief gelaaide ballon naby n ander negatiewe voorwerp gaan hou, sal hulle mekaar wegstoot omdat hulle gelyksoortige ladings het.
Wat is n ongelyksoortige lading en gee n voorbeeld.
Ongelyksoortige lading trek mekaar aan.
Bv. As jou hand n positiewe lading het en die ballon n negatiewe lading, sal hulle mekaar aantrek. Positief trek negatief aan. Die protone trek die elektrone aan.
Wat gebeur as n gelaaide voorwerp aan n ander gelaaide voorwerp of n neutrale voorwerp raak?
Die elektrone beweeg van die een na die ander voorwerp totdat albei voorwerpe weer neutrale of dieselfde ladings het.
Wat gebeur wanneer n negatiefgelaaide voorwerp naby/teen aan n neutrale voorwep gehou word.
Die elektrone in die neutrale voorwerp word weggestoot na die verste punt toe en die protone word na die teenoorgestelde kant toe gestoot/aangetrek. Dit veroorsaak dat die neutrale voorwerp nou n positiewe en n negatiewe kant het. Die kant naaste aan die negatiewe voorwerp het nou n tekort aan elektrone en die verste kant het n oormaat van elektrone.
Wat is polarisasie?
Dit is n neutrale voorwerp, maar dit het n positiewe en n negatiewe kant?
n Voorwerp wat n negatiewe en positiewe kant het staan beekend as polarisasie. Wat is n ander naam vir polarisasie?
Elektriese polarisasie.
Waarvoor is die lading wat op n voorwep versamel is verantwoordelik?
Die skok of vonk is wanneer elektriiese ontlading van statiese elektrisiteit plaasind.
Dit is verantwoordelik vir 2 goed nl.
*Die elektriese skok as jy aan n deur se handvatsel raak.
*Die vonkies as jou trui uittrek, veral in droe weer.
Statiese elektrisiteit staan ook bekend as wat?
Stillstaande elektrisiteit.