Selfstandige Naamwoorde & Werk Woorde Flashcards
Wat is selfstandige naamwoorde (noun)
Die selfstandige naamwoord (s.nw) is ‘n woord wat na ‘n persoon, plek, ding, gebeurtenis, voorwerp of eienskap verwys.
Selfstandige naamwoorde vorm die kern van watse sindele?
Die onderwerp, die voorwerp, byvoeglike bepalings
Wat is die vyf soorte selfstandige naamwoorde?
Eiename, soortname, maatname/versamelname, massaname, abstrakte selfstandige naamwoorde
Wat is ‘n eienaam?
Die amptelike naam van ‘n persoon, geografiese verskynsel (plek, brug, pas, straat ens.) produk, maatskappy, ens. Eiename begin altyd met hoofletters, selfs al staan dit in die middel van ‘n sin.
Wat is ‘n soortnaam?
Die woorde waarmee ons verwys na dinge wat gesien en aangeraak kan word. Dit kan ‘n meervoud en geslag he, en kan verklein word.
Wat is ‘n versamelnaam?
Is wat n’ groep van dieselfde voorwerpe genoem word, bv skool visse, swerm bye, trop skape
Wat is abstrakte selfstandige naamwoorde?
Naamwoorde van gevoelens, toestande en abstrakte konsepte.
Wat is ‘n massanaam?
Die woorde wat verwys na vaste stowwe, metale, gasse en vloeistowwe wat gemeet, maar nie getel kan word nie. Bv graan, sap, botter, water, coffee
Wat is ‘n maatnaam?
Dui hoeveelheid of inhoudsmaat aan en staan altyd saam met ’n massanaam. Bv ‘n koppie koffie, ‘n glas water, ‘n bak slaai, ‘n lepel rys.
Wat is intensiewe vorme (intensive form)?
Intensiewe vorme (of intensiewe adjektiewe) is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Dit word gebruik om ‘n sin trefkrag te gee. ‘n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme meesal vas geskryf.
Wat is ‘n selfstandige werkwoord?
Dui die aksie wat gedoen word aan.
Wat is ‘n oorganklike selfstandige werkwoord?
In die sin het die werkwoord ‘n voorwerp (V) of kan deur ‘n voorwerp gevolg word. Bv Ek eet “pap en melk” vir ontbyt
Wat is ‘n onoorganklike selfstandige werkwoord?
Word nie opgevolg met ‘n voorwerp nie bv - Ek eet “elke oggend”
Wat is ‘n skeibare werkwoord?
bestaan uit ’n deeltjie (voorsetsel) + werkwoord = afgeklim. Dit is skeibaar wanneer die dele omgeruil word bv. Ek klim hier af
Wat is ‘n onskeibare werkwoord?
bestaan uit ’n deeltjie(voorsetsel) + werkwoord = ondersteun maar dit
kan nie ge tussen die dele kry nie = ondergesteun
Wat is ‘n hulpwerkwoord?
Die hulpwerkwoord word gedefinieer as ‘n werkwoord soos het, is, sal, sou, ens. wat in verbinding met die infinitief of verlede deelwoord van ‘n ander werkwoord gebruik word om tyd/wyse/aspek aan te dui.
Wat is ‘n koppelwerkwoord?
Dit koppel twee of meer items in ’n sin. Voorbeelde van koppelwerkswoorde is: is/was/word/skyn/lyk/blyk/heet/raak/bly
Wat is ‘n deelwoord?
oos die naam aandui, is ‘n deelwoord eintlik ‘n woord wat deels ‘n werkwoord en deels ‘n ander woordsoort is.
Bv - skeppende, lopende, geskokte, geoefende, verbasende, hartverskeurende ens
Wat is ‘n saamgestelde sin?
‘n Sin met een hoofsin en een of meer bysinne.
Bv Hoofsin: Die perd bly op ons plaas.
* Bysin:- wat die resies gewen het
* Die bysin kan nie op sy eie staan nie. Dit brei net die hoofsin uit.
Wat is ‘n veelvoudige sin?
twee of meer hoofsinne wat verbind word met ’n voegwoord soos en, maar, want.
Bv Die perd is groot, maar die perd is vinnig.
* Die hoofsinne se woordorde verander nie al word hulle met ’n voegwoord verbind