Poetiese Begrippe - Teorie Flashcards

1
Q

Wat is tipografie?

A

Hoe die gedig op die papier lyk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is versreels?

A

Die lyntjies in ‘n gedig wat onder mekaar geskryf word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is strofes?

A

‘n Strofe bestaan uit ‘n aantal verse (versreёls) wat ‘n eenheid vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat noem jy twee versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Koeplet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat noem jy drie versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Terine

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat noem jy vier versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Kwatryn

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat noem jy vyf versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Kwintet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat noem jy ses versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Sestet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat noem jy agt versreels wat saam gegroeppeer is?

A

Oktaaf

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is die rym in ‘n gedig?

A

Die herhaling van eenderse klanke (similar sounds)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is die halfrym alliterasie in ‘n gedig?

A

Herhaling van dieselfde konsonante aan begin van woorde naby aanmekaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is die halfrym assonansie in ‘n gedig?

A

Herhaling van dieselfde vokale of diftonge op kort afstand van mekaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is die funksies van ‘n halfrym?

A
  • Klankversterkend en klanknabootsend.
  • Sekere woorde word beklemtoon.
  • Dit kan ‘n sekere atmosfeer skep.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is ‘n volrym?

A

Wanneer die vokale en konsonante as ‘n groep herhaal word. Die posisie van die rymwoorde in die versreël bepaal eindrym of binnerym.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat is die versillende tipe rym wat kan gebruik word?

A

Paarrym(aa bb), Kruirym (ab ab), Omarmde Rym (ab ba), gebroke rym (abca)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wie is die spreker, aangesprokene, end diger in ‘n gedig?

A

Die spreker is die persoon wat die diger aan die woord stel, die aangesprokene is die persoon met wie die spreker praat, die digter is die persoon wat die gedig skryf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat is ‘n beginrym

A

Die beginwoorde van die versreëls rym met mekaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Wat is ‘n binnerym?

A

n Woord in die middel van ‘n versreël wat rym met ‘n woord aan die einde van dieselfde versreël.

b.v “Stil in die duister lê ‘k so en luister”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Wat is ‘n eindrym?

A

As die laaste woord van die versreël (nie noodwendig elke versreël nie) rym.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wat is ‘n rymdwang

A

Dit is soms moeilik vir die digter om by die rymskema te bly. Die woord word dan verander om in die rymskema te pas.

b.v: “In elke grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!” (koue)

21
Q

Wat is enjambement?

A

Dit is wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan.

22
Q

Wat is ‘n ellips in ‘n gedig?

A

Dit is die weglatingspuntjies in ‘n gedig. Die sin word onvoltooid gelaat.

23
Q

Wat is die funksie ellips in ‘n gedig?

A
  • ‘n Deel word verswyg sodat dit aan die leser se verbeelding oorgelaat word (leser moet
    self sy gedagtes invoeg).
  • Dit kan ‘n ruspose aandui.
  • Dit kan die aandag vestig op ‘n belangrike deel wat volg.
24
Q

Wat is leestempo in ‘n gedig?

A

Tempo (tydmaat) dui die snelheid van beweging aan wanneer ons lees of voordra. Tempo kan stadig of vinnig wees.

25
Q

Hoe word ‘n stadige tempo bewerkstellig?

A
  • lang klanke,
  • baie leestekens,
  • woorde wat beklemtoon word.
26
Q

Hoe word ‘n vinnige tempo bewerkstellig?

A
  • kort klanke,
  • enjambement,
  • die afwesigheid van leestekens.
27
Q

Wat is titel?

A

Dit is dikwels die sleutel tot die inhoud van die gedig
en toon verband daarmee.

28
Q

Wat se belangrike rol vervul die titel van ‘n gedig?

A
  • Dit ontsluit of verklaar die inhoud.
  • Dit vat die kerngedagte saam.
29
Q

Wat is ‘n subtitel?

A

Dit is ‘n onderafdeling wat onder die titel verskyn.

29
Q

Wat is ‘n tema?

A

Die tema van die gedig is die kern waaruit die hele gedig spruit. Dit is die idee of die kerngedagte. Die tema ontwikkel dwarsdeur die gedig. Dit is dus die lewensles wat uit die gedig gekry word en is nie tyd-, plek-, omstandigheid- of karaktergebonde nie.

29
Q

Wat is wending?

A

Dit is wanneer daar ‘n verandering (ommekeer) in die gedig kom. Die teenstellende voegwoord “maar” dui dikwels ‘n wending aan.

30
Q

Wat is metrum in ‘n gedig?

A

Dit is die ritme van ‘n gedig.

31
Q

Wat is ritme in ‘n gedig?

A

Ritme word gekenmerk deur beweging.

32
Q

Wat is drie tipes van beeldspraak?

A

Vergelyking, metafoor, persoonifikasie

33
Q

Wat is ‘n vergelyking?

A

twee sake word met mekaar vergelyk (woorde soos net soos, soos en
nes). Bv. Die man is so lank soos ‘n paal.

34
Q

Wat is ‘n metafoor?

A

Twee sake wat met mekaar verband hou, word gelyk aan mekaar gestel.
Bv. Die man is ‘n paal.

35
Q

Wat is ‘n personifikasie?

A

Die toedig van menslike eienskappe aan lewelose dinge. Bv. Die
maan waak oor die nag.

36
Q

Wat is die 8 verskillende stylefiguur tipes?

A

Ironie, woordspeling, antitese, klanknaboosting, inversie, herhaling, retoriese vraag

37
Q

Wat is ironie?

A

Wanneer daar, om groter effek te kry, op spottenderwys die teenoorgestelde gesê as wat bedoel word. Bv. “Jy is nou ‘n troue vriend om my so in die steek te laat.”

38
Q

Wat is woordspeling?

A

Skrywer maak op ‘n behendige wyse gebruik van woorde wat
verskillende betekenisse kan hê of woorde wat eenders klink. Bv. Die huwelik is ‘n
goue ketting – gou om te breek.

39
Q

Wat is klimaks?

A

Die leser word tot die hoogtepunt van ‘n reeks woorde of mededelings gelei.
Bv. “Ek het gekom, ek het gesien, ek het oorwin.

40
Q

Wat is Antitese?

A

Twee uiterstes word teenoormekaar gestel en so deur die kontras die aandag sterk te vestig op dit wat gesê word. Bv. Die lief en leed van die lewe.

41
Q

Wat is Klanknabootsing?

A

Die nabootsing van klanke of geluide. Bv. “Die gedoef-doef van koeëls het om my gedreun…”

42
Q

Wat is inversie (omgekeerde woordorde)

A

Daar word van die gewone woordorde afgewyk ten einde die klem op ‘n sekere woord of sinsnede te laat val. Bv. “Nee, bang sal ek nie wees nie.”

43
Q

Wat is herhaling?

A

Deur sekere woorde te herhaal, word ‘n bepaalde gedagte beklemtoon en so word die nodige effek verkry. Bv. “Die heuwels, heuwels, heuwels, net sover ‘n mens se oog kan sien.”

44
Q

Wat is ‘n retoriese vraag?

A

Dit is die vraag waarop daar nie ‘n antwoord verwag word nie omdat die antwoord vanselfsprekend is. Dit intensiveer ook die gedagte.

45
Q

Wat is die verskill tussesn letterlike en figuurlike betekenisse?

A

Iets wat werklik gebeur, is letterlik. Iets wat ‘n ander betekenis inhou, word figuurlik bedoel.

46
Q

Wat is die progressie van ‘n gedig?

A

Die vooruitgang en ontwikkeling.